Webmaster

Webmaster

pot crack









Verstaan jy die Geestelike Gawe van Geloof?  Kry nuwe perspektief en insig hierop in ons reeks oor Geestelike Gawes.
Maandag, 03 Junie 2013 23:00

Pinkster 2013 (Braam Hanekom)

soil good_plant


 

 

Dr Braam Hanekom

NG-Eros Pinkster 2013

3-6 Junie 2013, Siele wat Groei

 

Maandag, 15 April 2013 23:00

Oesfees: Tyd en geld (14 April 2013)

time is_money_sml










Freek Robinson praat oor "Wat is jou doel in die lewe"
Maandag, 04 Februarie 2013 23:00

Fokus Week 2013 (Arnold Mol)

jesus-in-light-large
 

 

Arnold Mol by Eros Fokus Week 2013

4-7 Feb 2013 18:00, Eros Gemeente

 

Sondag, 06 Mei 2012 23:00

Ongelowige Thomas (6 Mei 2012)

thomas glo

"Daar is baie ongelowige Thomasse in ons tyd..."

 

Sondag, 18 September 2011 23:00

Huwelike uitgedien? (Dr Schalk Botha)

schalk leer

Daar bestaan 'n  illusie dat 'n huwelik uitgedien is en in die samelewing nie meer plek het nie. So 'n siening word dikwels gebou op die feit dat daar soveel huwelike is wat misluk.

 

Sondag, 19 September 2010 23:00

Salig is die wat treur (De La Harpe le Roux)

tears

 

Salig is die wat treur...

Wat doen tonele van hartseer, pyn, smart aan jou?  Wat ervaar jy in jou binneste wanneer jy gekonfronteer word met uiterste armoede?... mense wat besig is om van honger te sterf?...

Skok?...  Hartseer?... Trane?... Woede?... ‘n Gevoel van magteloosheid?... Of dalk... voel jy niks?  Jy het al té veel sulke tonele gesien, en... “regtig, dit gaan my aan nie”.

Dalk is die maklikste manier om sulkes te hanteer, om eenvoudig bloot jou rug daarop te draai... jouself terug te trek in jou eie kokon, jou eie gemaksone, want, “ek kan in elk geval niks daaromtrent doen nie!” [Narkose van ontsnapping].

Of dalk dink jy, dat jy JUIS weet om nood / hartseer / pyn / swaarkry / armoede te hanteer.  Mense moet jou net vra; net ‘n kans gee.  Jy het uitstekende planne en strategieë! En jy spring sommer maklik in deur antwoorde te gee en dinge te doen!

 Soos die gemeente in Pretoria wat sommer op ‘n dag besluit om met sop en brood na ‘n plakkerskamp in hulle omgewing uit te reik.  Met groot selfversekerdheid het hulle met die kos, hulle bussie en megafone in die plakkerskamp ingevaar en almal uitgenooi wat honger is om te kom eet.  Totdat die kos opgeraak het, maar die mense steeds gekom en gekom het... Naarstiglik het hulle die honger skare probeer kalmeer en benoud die kerk gebel om dringend nog kos te bring... maar verniet... Terwyl een van hulle bussies deur die woedende skare aan die brand gesteek is, het hulle net-net daarin geslaag om te ontsnap...

Preke

 

Dr SWJ Botha het Sondag gepreek uit SAG 4:1-14.  Hier volg sy preeknotas:

INLEIDING

Probleme en hindernisse laat ons maklik kop verloor en ontspoor... Dit belemmer en be-moeilik ons lewe en bring frustrasie as ons voel dat ons nie kan vorder nie. Dikwels beleef ons dat struikelblokke ons ontmoedig en gevolglik wil ons gou handdoek ingooi. En net as ons dink alles gaan goed aan, dan word ons wéér gestuit deur berge probleme wat ons negatief stem en ons heeltemal absorbeer.

 MAAR: Probleme en hindernisse het nie die laaste sê nie!

Toe Israel, die Here se volk, teruggekeer het uit ballingskap, was hulle eerste en grootste taak om die tempel in Jerusalem te herbou sodat hulle weer ‘n ervaring kon hê van die Here se teenwoordigheid in hulle midde. Maar weens vele hindernisse en struikelblokke, het hulle mismoedig gevoel, getwyfel of hulle die hulpbronne en kapasiteit het om die tempel te voltooi... Gevolglik wou hulle die taak uitstel en opgee; alles het total ongunstig gelyk vir die bou en voltooi van die tempel!

Maandag, 23 November 2009 08:24

Gebedsbediening

Gebed is 'n belangrike aspek van ons geestelike lewe.  Indien u betrokke wil raak by gebed vir aktuele sake en die vervolgde kerk, kontak asb vir Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons het ook 'n gebedsgroep vir vroue, waar ons gebedsake met mekaar deel.  Indien u op die whatsapp groepie geplaas wil word, kontak vir Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Onthou hierdie paar kern beginsels rondom gebed:

AANHOU

Hoe lank moet mens aanhou om vir iets of iemand te bid?

Dit hang seker af van waarvoor jy bid. 'n Mens moet natuurlik eers seker maak dat jy vir die regte ding vra. Soms moet ons hemelse Vader vir ons nee sê omdat ons vir verkeerde goed vra. Dit is daarom altyd beter om te begin deur voor die Here stil te word en Hóm te vra wat jy vir daardie persoon of saak moet bid.

As jy egter seker is dat daardie saak volgens God se wil is, dan moet jy aanhou totdat jy die antwoord kry. Ons lees byvoorbeeld in Daniël 10:2 dat Daniël vir drie weke lank gevas en gebid het. Aan die einde van daardie tydperk het 'n engel van die Here aan hom verskyn om die antwoord te bring.

Dan lees ons in vers 12 dat die engel verduidelik dat Daniël se gebed reeds die eerste dag verhoor is, maar, sê vers 13, die antwoord is 21 dae vertraag deur 'n bonatuurlike stryd. Ek wonder soms of hy hoegenaamd die antwoord sou gekry het as hy na 'n paar dae moedeloos geword het en opgehou bid het.

Dit is egter belangrik om te ontdek dat God wil hê dat ons moet aanhou bid.

Ons lees in Lukas 18:1:

``Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.'' en dan vertel hy die storie van die arm weduwee en die onregverdige regter. Toe die weduwee aanhou, is haar versoek toegestaan. Hoeveel te meer sal die Here dit nie vir sy kinders doen nie.

Dit word vertel dat Moody 40 jaar lank vir die bekering van twee vriende gebid het. Een het eers net voor Moody se dood tot bekering gekom, en die ander eers daarna. Maar daardie gebede is verhoor. Ons kan dus maar met vrymoedigheid in die gebed volhard. Volhardende gebed kan werklik dinge verander.

AFLEES

Kan ek 'n gebed aflees?

Ja, solank jy bedoel wat jy sê. Onthou, die Here word nie beïndruk deur ons mooi woorde en helder gedagtegang nie. Hy kyk na ons hart. Soms verhoor Hy selfs gebede wat ons nie weet hoe om dit in woorde uit te druk nie. Ons lees byvoorbeeld in Romeine 8:26-28:

``Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, di‚ wat volgens sy besluit geroep is."

Ons kan dus sê dit is beter om liewer 'n eenvoudige en kort gebed uit die hart te bid, eerder as om iemand anders se uitgeskrewe gebed af te lees. In gebed gaan dit nie om wat die mense dink nie, maar om wat God dink. En Hy verhoor net gebede wat uit die hart kom. As jy self die gebed geskryf het, is dit natuurlik makliker om die gebed te bedoel.

Is dit dan reg vir 'n leraar om formulegebede te bid?

Formulegebede is pragtige uitgeskrewe gebede wat opgestel is om by besondere geleenthede te pas. Sommige kerkgenootskappe maak meer daarvan gebruik as ander. 'n Voorbeeld is die gebede wat saam met die verskillende formuliere, soos byvoorbeeld by die doop of die nagmaal, gebruik word.

Om as gebed geklassifiseer te word, moet die gebed egter bedoel word. Dit help niks om die formulegebed af te rammel nie. Dit is nie 'n toorformule wat dinge laat gebeur omdat presies daardie woorde gebruik is nie. Die 1933-vertaling van Matt. 6:7 stel dit so mooi:

``En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hulle baie woorde verhoor sal word."

Tog is dit interessant dat Jesus net nadat Hy teen ydele gebede gewaarsku het, voortgegaan het om die "Ons Vader"-gebed aan sy dissipels te leer. Daar is dus niks verkeerd om van so 'n hulpmiddel gebruik te maak nie. Moet tog net nie dink dat dit vir jou tot voordeel sal wees om dieselfde formule oor en oor op te sê nie.

Aan die ander kant is 'n geskrewe gebed 'n waardevolle hulpmiddel om ons te leer om reg te bid. As ons bv weet hoe Jesus gebid het, dan help dit ons om nie so selfsugtig te bid nie, maar om God se wil en sy koninkryk eerste te stel in ons gebede.

Maandag, 12 Julie 2010 23:00

Sesde gebod: Jy mag nie moord pleeg

6e Gebod: Liefde: Rooi red-real1

Eksodus 20:13: "Jy mag nie moord pleeg nie."

Sjoe, dis bietjie erg!  Ek hou nou nie juis van my broer se gekerm elke dag nie, en die geveg wat ons nou die dag op die rugbyveld gehad het was nou wel erg, en my onderwyser maak my woedend, maar niemand van ons sal tog sommer moord pleeg nie!  Die lewe is ook tog mos nie so rof dat ek eers daaraan moet dink om dit net so weg te neem nie...  Wie is ek nou om my so magtig te hou? 

Inderdaad, God het die lewe vir ons gegee om te geniet - met oorgawe en passie en al die mooi dinge wat daarmee gepaard gaan.  Hy het bedoel dat ons so gelukkig op aarde moet wees, dat ander mense net soos ons sal wil wees en dit dat by ons ore, oe, monde, voete, hande,  neuse - oral! - sal uitborrel!  Dat ons 'n "good time" op aarde sal he omdat Christus in ons bloed, in ons harte, is.  Omdat Hy ons liggaam met Sy asem vul.  Ons moet dus ons liggame gebruik om 'n liefde vir die lewe uit te straal

Lees bietjie meer:

Levitikus 19:16-18

Matteus 5:21-24

Efesiers 4:26

Lukas 6:27-28

 

 

 

Bladsy 1 van 3

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer

Wie is ons

NG-Eros het ongeveer 1 500 belydende lidmate, wat deur drie leraars bedien word.

Ons struktuur is op die beginsel van die kruis gebasseer: konneksie met God (vertikale been), mekaar (horisontaal) en nood in die wereld (sirkel om die kruis).

Die kerkraad is die senter van die struktuur.

Kontakbesonderhede

h/v Kuiseb en Gen Murtala Muhammed, Eros, Windhoek

+264 61 226157

ngeros@ng-eros.com

Padkaart

Padkaart