NG Kerk Eros Preke

Sondag 31 Maart 2019

Ons praat die termyn oor verandering en om dieper met God te gaan. Die V’s wat ons vandag hanteer is: Voed en Voer. Ons gaan kyk na hoe om in hierdie tye gemotiveerd te bly. Robert Louis Stephenson se ’n klassieke storie The Strange Case of Dr. Jekyll and Mr. Hyde, gaan oor die gerespekteerde Dr. Jekyll wat ’n middel ontdek wat sy persoonlikheid verander en van hom ’n ander persoon, Mr. Hyde, maak. Deur sy uitvinding geskok en tog ook gefassineer, gee hy toe aan die versoeking om in die nag Mr. Hyde te word, wat allerlei misdade pleeg, selfs moord. Gedurende die dag is hy die sagmoedige Dr. Jekyll en in die nag is hy ’n moordenaar en ’n gewelddadige skurk. So gaan dit ’n tyd lank aan, totdat hy een oggend wakker word en tot sy ontsteltenis bemerk dat hy Mr. Hyde se hande behou het.  Eers was dit moeilik om Mr. Hyde se persoonlikheid aan te neem, maar gaandeweg was dit al moeiliker om weer terug te keer na die goedhartige Dr. Jekyll. Hy het al meer besef dat hy besig was om beheer te verloor oor sy goeie self en dat die slegter self die oorhand begin kry, want Mr. Hyde kruip nie meer weg in Dr. Jekyll nie, hy neem hom oor. Toe hy later verplig was om ’n keuse te maak, het hy besluit om eerder Dr. Jekyll te bly. Hy het so hard probeer om goed te wees, maar ongelukkig het die geneigdheid tot misdaad in hom so sterk geword dat dit by hom die oorhand gekry en hom uiteindelik vernietig het deurdat hy homself dood maak uit vrees dat die polisie hom gaan vang. Vroeër kon die polisie hom nie gevang het nie, omdat Mr. Hyde in Dr. Jekyll weggekruip het. Maar nou is Mr. Hyde Dr. Jekyll en sal die polisie hom kan vang. Die ‘evil’ van Mr. Hyde was so kragtig dat dit Dr. Jekyll vernietig het Toe iemand vir Stevenson vra waar hy die storie en die karakters gekry het, het hy geantwoord: “I found it in Romans 7.”  Hy het eerstehands belewe wat Paulus in Rom 7 bely, naamlik “Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.”( vs19)  Ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte.” V22 “Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my 'n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is. Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?”

Na wat se doodsbestaan verwys Paulus? Luister eers na die volgende storie oor hondegeveg wat ons hiermee sal help. In ‘n Skandinawiese dorpie het mense hulle vermaak deur op honde wat baklei te dobbel. Die ou man wat buite die dorp gebly het, se eie honde het elke keer in die finaal teen mekaar geveg. Hy het self elke keer op die wen-hond sy geld geplaas. By nadere ondersoek het hulle gevind dat hy ‘n week voor die toernooi een hond vasgebind het en nie nie kos gegee het nie. Die hond wat kos gekry het, het die swakker een wat honger was, dan gewen. Die storie vertel iets van die dilemma van menswees, van die doodsbestaan waarin ons as mense ons bevind nl. dat daar ‘n innerlike stryd, konflik, geveg en spanning in ons is tussen goed en kwaad. Ons is nie net een mens nie, maar twee. Met ander woorde daar is eintlik twee nature in elke mens, ‘n dualiteit en tweeslagtigheid van donker en sleg teenoor die lig en goed. “There are two selves in you that torture you in a constant battle”. Romeine 7 praat van twee oorloë of gevegte waarin jy jou bevind:

Verse 7-13 beskryf die tyd voor Jesus Christus wanneer dit ‘n oorlog is wat jy nie kan wen nie.

Verse 14-25 beskryf weer die tyd na Jesus Christus wanneer dit ‘n oorlog is wat jy  nie kan verloor nie. Die oorlog en geveg wat jy NIE KAN WEN NIE, beroof jou daarvan om die lewe te kan geniet.  Inteendeel dit maak jou moedeloos en moeg, want al probeer jy hoe hard, jy kry dit net nie reg om als wat reg is te doen nie. Baie mense voel asof hulle dan moet opgee en ophou om te probeer, want hulle kan tog nie wen nie. Hulle kry dit in elk geval nie reg om te verander nie, ongeag of hulle by hul beloftes en voornemens bly of nie. Hierdie “aanhou doen wat jy nie wil doen nie”, lei daartoe dat jy jouself verag, verwerp en veroordeel. Dan voel jy of jy jou in ‘n doodsbestaan bevind van lyding, moeilikheid, probleme, konflik, ens. Wat is die oplossing?

Ons moet kyk na die Mr/Mrs Hyde in ons lewens en hoe hulle lyk? En onsself die vraag vra: Hoe gemaak met die Mr/Mrs Hyde in ons lewe? Met die donker “evil Mr Hyde” wat wegkruip in jou?

Vers 25 gee die antwoord en oplossing:  “Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.” Wat doen God? Hy oorwin en gee die oorwinning oor hierdie stryd en geveg. 1 Kor 15:57 “Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus”. Geen Israeliet kon Goliat oorwin het nie. Maar Dawid se oorwinning word elke Israeliet se oorwinning. Dit is soos wanneer die Springbokke wen. Dan voel jy asof jy gewen het. Dan sê ons selfs “ons het gewen” al het ons nie gespeel nie. Maar omdat ons ‘n ondersteuner is, voel dit vir ons asof ons gewen het. Netso as jy ‘n Christen is en Jesus volg, voel Jesus se oorwinning soos jou oorwinning. God kyk na jou deur die oorwinning van Jesus asof jy oorwin het. Sy oorwinning, verlos jou van die stryd en die gevoel van aanhoudende verloor en die dood deur jou vry te spreek.

Hoe? Iewers moet jy op ‘n punt en plek in jou lewe kom waar jy ontdek hoe donker, hoe sleg en hoe ‘evil’ Mr. Hyde in jou is. Hierdie is wel ‘n kritiese punt en plek, want as jy nie by die plek kom nie, en nie weet hoe sleg Mr. Hyde is nie, sal jy aanmekaar die geveg en oorlog verloor.

Maar as jy dit wel besef – bring dit jou op ‘n punt waar jy niks kan doen nie en waar jy hulp nodig het. In Romeine 6 (hoofstuk voor Romeine 7) vertel Paulus van die oplossing vir ons dilemma nl. dat Jesus dood gegaan het om ons vry te maak van die sonde en die geveg. In 2 Kor 5:21 gaan hy so vêr om te sê dat Jesus Mr Hyde word – “Hy word sonde”. Wat beteken dat as jy jou Mr. Hyde na Hom toe bring, Hy jou bevry van Mr. Hyde se houvas in jou lewe, Deur hom te oorwin en hom te bind (Op20:2), haal Christus sy angel uit (wat doodmaak - 1 Kor 15:55).

In Ps 62:8 word daar al gesê dat jy jou toevlug na God moet neem, dat jy jou aan Hom moet oorgee. Dit verwys na vier stede waarheen ‘n moordenaar kon vlug met al sy slegte en verkeerde dade en waar niemand hom daar iets kon aandoen nie. Dit was ‘n veilige plek van amnestie. Wanneer dit gebeur skuif die fokus skuif weg van Mr. Hyde (soos in die in die eerste oorlog waar jy net harder en meer moet probeer) na die tweede oorlog waar die fokus val op Jesus wat oorwin het aan die kruis en Sy opstanding. Dan verander hierdie oorlog wat jy NIE KAN WEN nie na een wat jy NIE KAN VERLOOR nie. Dit is die boodskap in Rom 6 (Dis baie belangrik om te Let dat Rom 6 voor Rom 7 geplaas word) wat handel oor die vryspraak van Christus.  Hy het ons vrygespreek en verlos van die mag van die sonde waarvan die uiteinde, die dood is.  Die sonde se mag oor ons is gebreek, ons is deel van Christus.  Ons is gedoop in sy dood, sodat ons ook kan lewe, soos Hy, vir altyd. Vir beide Dr Jekyll en Mr, Hyde het daar uitkoms gekom, naamlik die vergifnis en genade van Christus. Daarom sê Paulus moet ons rekening hou daarmee, moet ons ons gedagtes daarmee vul. Ons is nou in die domein van God, waar ons vir Hom kan lewe en ons nie net die belofte van ‘n ewige lewe het nie, maar ook die bewussyn van sy nabyheid en sy sorg en sy krag.

Die antwoord op die “Hoe”-vraag, is dus om oor jouself te begin dink as vrygespreekte, iemand wat vry is van die sonde en lewend is vir God. Jesus Christus bring die oorwinning. Jy moet jou gedagtes VOED/VOER wat Paulus in 1 Tm 4:6 sê "... voed jouself met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy 'n navolger geword het.” Voed jou gedagtes met die wonderlike werklikheid van die vryspraak en vergifnis van Christus se genade – Filippense 4:8 gee hulp hoe om die nuwe mens wat jy in Jesus geword het te voed en dit word die motivering om in moeilike en swaar tye nie op te gee nie

Jy sien, mense word nie gemotiveer deur: dreigemente, vrees, skuld, verwerping of straf nie.  Wat mense wel motiveer is: intimiteit, verhouding, liefde, hulp, deernis, hoop, ‘n nuwe prentjie van jouself en die sekuriteit en veiligheid dat jy die geliefde van God is, deur Jesus Christus. Die tweede antwoord op die “Hoe”-vraag, is om te lewe in die kragveld van die Gees. In die volgende hoofstuk, na die dilemma en stryd waarin die mens hom bevind, word vertel dat vir die vrygespreekte en vrygemaakte daar geen veroordeling is nie, dus geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir diegene wat in die kragveld van God se Gees leef, gemotiveerd deur die liefde. In hoofstuk 7:6, maar meer volledig in hoofstuk 8, skryf Paulus dit reeds naamlik dat die geheim van die lewe is deur te lewe in die kragveld van die Gees. “Die werk van die Gees,” sê Coenie Burger, “is soos ’n kragveld. Dit is ’n dinamiese omgewing waarbinne jy bewus word van ’n ander krag as jou eie”. Een van die hindernisse vir ons om dit raak te sien, is natuurlik dat ons baie keer die Christelike lewe sien as ‘n eindpunt en nie genoeg as ‘n beginpunt nie. Vryspraak is nie die doellyn of die wenstreep nie.  Dit is die wegspringplek. Dit is soos die storie van ’n gradeplegtigheid, waar die studente hulle grade van die kanselier ontvang.  Terwyl hy hulle hande skud, sê hy met ‘n harde stem:  “Veels geluk!” En dan met ’n sagter, maar ferm stem vir elke gegradueerde:  “Hou so aan!” Dis ook God se woorde aan ons “Veels geluk, maar “hou so aan . . .” Die Christelike lewe is ‘n lewenstyl wat doelbewus ingeoefen moet word. Dis soos gholf: hoe meer jy jou gholfswaai oefen en oefen en oefen, hoe meer raak dit deel van jou “spiergeheue”, sodat jy later die gholfswaai uitoefen sonder dat jy bewustelik daaroor dink.  Maar as jy ‘n slegte gholfswaai het, dan raak jy beter met die slegte gholfswaai. As jy ‘n goeie gholfswaai het, dan raak jy al beter met die goeie gholfswaai. Ons moet ons dus inoefen om in die kragveld van die Gees te lewe. Dit is die gholfswaai wat ons moet inoefen! As jy die evangelie regtig verstaan, word dit die motivering om in die spanning en geveg aan te hou om die ligkant van jou lewe te voed deur in die kragveld van die Gees te lewe en Mr. Hyde te oorwin. Wat Jesus aan die kruis gedoen het word die motivering om nie in die spanning en geveg moed op te gee nie of jou geloof te versaak nie, want die feit dat jy jou toevlug tot God neem is nie ‘n versekering dat als nou net sal goed gaan nie, maar wel ‘n versekering dat Hy jou hart verander. Eseg 18 sê dat die OORWINNAAR in jou hart lewe en deur die GEES in jou lewe heers. 2 Kor 5: 17 “Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie. Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie – maar onder die liefde  . . . en word die wet die manier hoe jy God lief het”.

Jy kan dan natuurlik oordeel dat as gevolg van dit, jy dan maar kan lewe soos jy wil dus kan lewe uit jou vlees want jy het reeds die genade van Christus se oorwinning en vryspraak ontvang. Maar weet net dat God die bedoeling van jou hart ken en dat die uiteinde van so lewe die dood is, want die loon van die sonde bly die dood soos in die geval van Dr Jekyll. Dis dood in allerlei vorme: lyding, vernietiging, breek, pyn, hartseer ens. Maar aan God die dank – Hy red ons van die dood en gee jou lewe terug as jy na Hom draai met ‘n diep verlange en ’n behoefte na Sy redding en bevryding tot ‘n nuwe lewe in Christus.

Amen

Druk op die link as jy na die preek wil luister!

https://www.dropbox.com/s/p3judr4n3wi3o1f/01-190331_0922%20%28online-audio-converter.com%29.mp3?dl=0

 

Sondag 24 Maart 2019

Teks           : Joh 21:15-19

15 Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.” 16 Jesus vra hom weer 'n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?” “Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.” 17 Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei. 18 Dit verseker Ek jou: Toe jy jonger was, het jy self jou klere vasgemaak en gegaan waar jy wil; maar wanneer jy oud is, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.” 19 Dit het Jesus gesê en daarmee aangedui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik. Daarna sê Hy vir hom: “Volg My!”

Tema          : Hoe lief het jy vir Jesus of het jou liefde grense…

Hoe sal jy voel as jou lewensmaat of life partner vir jou moet vra: Het jy my baie Lief? Miskien sal jy sê: “Ja, jy weet dit mos!”. Maar hoe sal jy voel as jou lewensmaat dan ‘n tweede keer vir jou vra: “Het jy my baie lief?” Miskien sal jy sê, “Ja, ek is, maar is daar dan iets verkeerd?”. Maar wat as jou lewensmaat jou ‘n derde keer vra: “Het jy my lief?”. Wat dan? Wat sal jou reaksie wees? Miskien sal jy antwoord: “Skat, wat wil jy hê, maar onthou my liefde het grense.”

Kom ek vat julle terug na die verlief wees jare. Ken julle daardie vraag: “Liefie as jy my lief het dan sal jy...”. Dit is dodelik gevaarlik. Baie manne se beursies het al seergekry en baie meisies het die volgende dag gehuil: “As jy my lief het, dan sal jy...”. Die vraag laat jou wandel op paaie waar jy jy nooit gedink het jy sal gaan nie. Jy doen dinge wat jy nooit sou gedoen het nie. Daardie sin veronderstel dat liefde met dade gepaard gaan. Mense raak nogal moeg vir lippetaal, want hulle wil liefde sien, voel en deur jou woorde en dade ervaar. Dit is net so of hoe?

Jesus praat hierdie keer met Petrus oor liefde en vir Petrus is dit ‘n ontstellende gesprek in die sin dat Jesus hom na al die jare konfronteer met die vraag: “Petrus het jy My lief?” Wat natuurlik verder ontstellend is, is dat Jesus alhoewel hy ‘ja’ geantwoord het, hom vir ‘n tweede en derde keer gevra het: “Het jy My lief?” Natuurlik by die derde keer raak Petrus so bedroef, want ek dink hy besef dat die vrae kom teen die agtergrond dat hy Jesus verloën en ontken het toe die druk van mense op hom was. Want sien, daardie dag het Petrus se liefde grense gehad en wou hy nie eers ter wille van Jesus sy eie lewe in gevaar stel nie. Daarom vra Jesus hom die vrae, want hoe moet Jesus aangaan met iemand wie se liefde grense het? Interessant dat Jesus in sy vrae twee keer die Griekse woord agape en een keer die Griekse woord fileo gebruik.  Beide die twee woorde kan vertaal word as “liefde”.  

Die fileo liefde verwys:

  • na die liefde van ‘n vriend;
  • daana om te hou van iemand dus vra Jesus: ‘Petrus hou jy van My?’.
  • Na ‘n gewone vriendskaplike liefde, algemene liefde.

Wanneer Jesus vir Petrus vra “Het jy my lief?”, dan antwoord hy met die fileo woord: “Ja Here, ek hou van u”. Jesus gebruik verder ook die woord agape, wat ‘n baie dieper woord met ‘n dieper betekenis is. Agape is om lief te hê met die liefde van God. Jesus bewys Sy liefde aan die kruis. God praat nie net liefde nie, maar bewys Sy liefde. Ons lees in Johannes 3:16: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê”. God praat nie net liefde nie, Hy bewys dit in Sy Seun wat mens geword het, bespot is, beledig en gemartel is, wat sterf soos ‘n misdadiger met ‘n spies deur Sy sy en ‘n doringkroon op Sy hoof. Die kruis-verhaal vertel nie net hoe lief God ons het nie, maar dit is ‘n bewys van Sy liefde. Dit vertel van die agape liefde, daardie liefde wat:

  • Bereid is om ‘n prys te betaal;
  • Wat kan vergewe;
  • Wat versoen;
  • Wat ander se belange op die voorgrond plaas;
  • Wat die tweede myl stap;
  • Wat bereid is om opofferings te maak.

Dis hoe God lief het. ‘n Liefde wat gepaard gaan met dade: laat my lammers wei; Pas My skape op en laat my skape wei. Die lammers verwys daarna dat hy na die swakkes en weerloses moet omsien en hulle moet versorg. Skape dui daarop dat hy na die gelowiges en ongelowiges moet omsien. Dit wil sê dat Hy diegene wat soos skape ronddwaal na God se kraal toe moet terugbring en die wat reeds in die kraal is, moet Hy versorg ek kyk dat hulle geestelik reg is. Nadat Petrus vir Jesus verraai het, herstel Jesus hom weer as apostel. En kon hy toe weer aangaan. Vroeër het hy Jesus verraai deur te ontken dat hy ‘n apostel van Jesus was. Nou is hy weer deel van Jesus se span en kan hy aangaan om skape na die kraal toe terug te bring. Daarom roep die kruisverhaal die woorde uit: “As jy God lief het dan sal jy-agape. Dit wil se dan sal jy:

  • God so lief hê;
  • Ter wille van God enige prys betaal en enige opoffering maak;
  • Dan sal jy jou lewe ook aan die God gee soos Hy Sy lewe aan jou gegee het;
  • Dan sal jy vir die welsyn van ander mense jouself agter toe plaas;
  • Dan sal jy ander se belange soek;
  • Dat jy mense sal vergewe wat teen jou gesondig het bv. jou besigheidsvennoot; kollega, jou eie ouers, kinders of jou huweliksmaat.

Die vraag is: Het jy God so lief? Het jy God lief met die liefde van die kruis? Sal jy die toets deurkom? Hoe beantwoord jy die liefde van God? Hoe lief het jy vir God? So as jy God lief het, aanvaar dan jou opdrag om na die lammers en skape om te sien. Die opdrag beteken om na die gelowiges om te sien en hulle te versorg dws na die wat siek en gewond is en om die wat buite die kraal is in te bring dat hulle Jesus ook kan lief kry en Hom volg. Dit beteken ook om die swakkes, die lammers te beskerm en hulle te leer van Jesus se liefde.

Kan jou liefde vir God in jou dade gesien word? Mag ons in lydenstyd net weer herinner word aan God se opofferende liefde en mag die kruis ons lei om deur die Gees net weer onsself opnuut toe te wy aan God en te getuig: “Ja Here, ons het u lief”. Die kruis, ja inderdaad vertel dit die verhaal van God se liefde wat so sterk was, dat dit oor enige grens sou gaan selfs die dood van Sy Seun, Jesus Christus. Maar die kruis vra ook: En jy, hoe lief het jy my? Het jy My so lief dat jy enige grens ter wille van die Koninkryk sal oorsteek?”.

Die vraag is hoe lief is ons vir Jesus? Of het ons liefde ook grense deurdat dit net tot so ver gaan en nie verder nie? Dit beteken my liefde vir Jesus gaan net tot op ‘n punt, wanneer dit te veel vra of inmeng in my program, dan gaan dit te ver...

Amen

Druk op die link as jy na die preek wil luister!

https://www.dropbox.com/s/8bxumcp244batdn/Zack%20Preek%2024%20Maart%202019%2001-190324_0922%20%28online-audio-converter.com%29.mp3?dl=0

 

Sondag, 17 Maart 2019 09:00

DIEPER 2019: Wie is ons?

Geskryf deur

Sondag 17 Maart 2019

Lees 1 Petrus 1: 1-2; 13-15; 1 Petrus 2: 11

 

'n Vraag wat ons as gelowiges voortdurend onsself moet afvra is: Wie is ons? Ons kan ook nie regtig dieper met God gaan, as ons hierdie  "Wie is ons" vraag nie duidelik beantwoord het nie.

Daar sal diegene wees wat sê dat gelowiges mense is wat God ken, Hom liefhet en Sy wil soek om daaraan gehoorsaam te kan wees. Of maar net: gelowiges is mense wat met God rekening hou in hul lewens. Die Nuwe Testament gee aan ons 'n verskeidenheid beelde om ons te help om onsself te verstaan: die kudde van God; dus God se skape(!), die liggaam van Christus, die bouwerk van God, die bruid van Christus, die volk van God en nog ander. Elkeen daarvan is besonders en verdien om bedink te word sodat ons ons identiteit en doel kan begryp. Petrus het 'n vreemde benaming vir ons. Hy noem ons vreemdelinge en bywoners. Nou beide van hierdie groepe het geen regte gehad nie, ander mense het op hulle neergesien, hulle het nie 'n gemaklike en rustige lewe gehad nie. Daarby het hulle soos seer vingers in die gemeenskap uitgestaan. By ons vorige internasionale aand het ons die Indonesiërs en hulle kultuur beter leer ken. Hulle het kos gemaak, gedans en op een van hulle spesiale musiekinstrumente gespeel. Alles aan hulle was vreemd: kos, musiek en veral klere. Hulle het letterlik tussen ons uitgestaan.    

Daar is twee maniere waarop die verhouding tussen kerk en wêreld kan uitspeel. Eerstens kan die kerk as gelowiges hulle totaal van die wêreld distansieer, omdat die wêreld so boos en sondig is. Gelowiges moet juis ver van wêreldse mense wegbly om hulle te bewaar van die versoekings. Die kloosterlewe was 'n manier waarop aan hierdie denkrigting praktiese gestalte gegee is. Maar dit kan vandag steeds gebeur dat gelowiges hulle vir alle praktiese doeleindes onttrek om in die "klooster" van hul klein huisgesin, vriendekring, werk en kerk op te gaan. Diegene het in wese geen erg aan die wêreld nie, weet nie wat daar aangaan nie en maak ook geen verskil nie.

Dan is daar 'n ander moontlikheid en dit is om so met die wêreld een te word, dat daar geen verskil meer tussen kerk en wêreld oorbly nie. Dan is die prioriteite van beide dieselfde, hul huwelike lyk dieselfde en beide groepe ervaar dieselfde hoë getal egskeidings. Dan dink ons almal soos wêreldse mense oor geld, die regering, droogte en die wette van die land. Dan is almal ewe liefdeloos en net ingestel op hul eie vooruitgang. Dan lyk die kerk en die wêreld op 'n haar na mekaar en kan die kerk uiteraard geen invloed op die wêreld uitoefen nie.

Dit klink dalk of Petrus in sy denke nader aan die eerste groep staan veral tov die vreemdheid van die kerk teenoor die wêreld. Tog bedoel hy verseker nie dat die vreemdheid van die Here se kinders mense van die kerk af moet wegdryf nie. Inteendeel. Ons lees juis in Handelinge 2 hoe die eerste gemeente daagliks gegroei het omdat hul lewenstyl, al was dit vreemd, mense aangetrek het. Gelowiges is dus nie afstootlik nie, maar juis aantreklike christene.

Kom ons dink 'n bietjie verder oor hierdie vreemdheid van volgelinge van Jesus, want dit is omdat hulle Sy dissipels en volgelinge is dat hulle anders en vreemd is. Hulle kom dan bymekaar en eet 'n klein stukkie brood en drink 'n slukkie wyn en sê dan dat die brood en die wyn tekens is van die liggaam van iemand wat lank gelede aan 'n kruis dood is. Hoe vreemd! En dan gooi hulle 'n paar druppels water op 'n babatjie se voorkoppie en beweer dat die kind nou aan God (wie hy nou ookal mag wees) behoort. Stupid! En dan lees hulle uit 'n dik boek of hulle lewens daarvan afhang en laat hulle lewenstyl daardeur bepaal. En hulle bid in die oggend en die aand en sommer by ander tye ook en selfs wanneer hulle eet. Hulle sê dat hulle met hulle Vader praat, iemand wat hulle nie kan sien of aan kan vat nie. Vreemd! Hulle laat 'n "los gelukkie" by hulle verbygaan, omdat hulle hul huwelike ernstig opneem en dit as heilig beskou. Hulle eerste prioriteit is duidelik nie geld nie, en hulle praat mooi en opbouende woorde, omdat hulle 'n wag voor hul monde het. Hulle betaal belasting soos dit moet en betaal diegene wat werk vir hulle gedoen het, stiptelik. Hulle stuur nie afbrekende en rassistiese fotos of boodskappe op facebook aan nie en hulle hou by die padreëls en probeer die natuur bewaar deur nie te mors nie en te herwin waar moontlik. Vreemd! Vreemd!

Uiteraard bring hierdie vreemdheid lyding mee, op twee vlakke. Eerstens is dit moeilik om as vreemdes te lewe, want soveel ander rondom ons leef dan op 'n manier wat net so geweldig aanloklik lyk. Ons wil tog so graag deel van die groep wees, in wees dat ons blykbaar ons waardes onder sekere omstandighede opsystoot. Groepsdruk veroorsaak lyding vir hulle wat konsekwente Jesus-volgelinge is.

Daarby ervaar gelowiges intense lyding in hulleself. Dis tog lekker om die kat maar in die donker te knyp solank jou huweliksmaat dit net nie agterkom nie. Dis tog voordelig om vinnig 'n klomp geld te maak al is dit op 'n korrupte en skelm manier. Dis tog maklik om die padreëls te verontagsaam en saam te kla oor die hoë tol wat padslagtings in Namibië tot gevolg het. Dis tog maklik om eenvoudig nie te betaal nie, al word jy selfs dikwels gevra om tog te betaal. Dis tog makliker om kwaad met kwaad te vergeld as om die slegte met die goeie te oorwin. Dis tog makliker om die wat nie van jou hou nie, selfs diegene wat jou vervolg, te vervloek as om hulle te seën. Dis dikwels moeilik, dis lyding om aan die stem van die Heilige Gees gehoorsaam te wees.

En tog was Jesus die een wat die heel vreemdste van almal was. Hy het gesê: Vir julle is gesê: 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand, maar Ek sê vir julle: julle moet julle vyande liefhê. Hy doen die vreemdste goed: Hy praat met 'n vrou by die put van Sigar, en as 'n vrou wat in owerspel betrap is voor Hom gebring word, sê Hy: Die een wat sonder sonde is moet die eerste klip gooi. Aan die kruis sê Hy: Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. Wanneer Petrus Malgus se oor in die tuin van Getsemane afkap, sit Jesus die oor terug en sê vir Petrus om sy swaard te bêre. Hy maak siekes gesond, gee vir mense kos, maak drie dooies weer lewendig, laat lammes loop, laat dowes hoor en blindes sien. Hy het sondaars, tollenaars en prostitute lief en eet selfs saam met hulle! Dit was juis Sy andersheid, sy vreemdheid wat die skrifgeleerdes en die fariseërs teen die bors gestuit het; soveel so dat hulle Hom wou doodmaak en op die einde daarin geslaag het. Hy het immers gesê dat Hy die seun van God is en deur Sy vader na die aarde gestuur is. Wat is nou vreemder as dit? Daarom het Lochner de Kock in sy lied: Ballade vir 'n enkeling Jesus op 'n besondere wyse beskryf: Enkeling, vreemdeling, verstoteling, alleen.

Hoe kan ons as Jesus se volgelinge, gelowiges wat Hom liefhet, verwag dat ons dit maklik sal hê in hierdie wêreld? Maar Goddank, Jesus voel met al ons swakheid en bid in die hoëpriesterlike gebed op 'n baie besondere manier (toe al!) juis vir ons, die vreemdelinge. "Maar nou kom Ek na U toe. En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê. Ek het u woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid." (Johannes 17: 13-17)

Dis ook wat heilig wees beteken, naamlik om anders te wees, opsygesit vir gebruik deur die Here, vreemd dus. Want dit is soos Jesus was. Daarom: hoe dieper ons met die Here saamlewe, hoe vreemder word ons.

Amen.

Druk op die link as jy na die preek wil luister!

https://drive.google.com/file/d/18PAjnGwlERKiC_iMQZUvaiG1tBdNuJl5/view?usp=sharing 

Sondag, 10 Maart 2019 09:00

DIEPER 2019: Verantwoordelikheid

Geskryf deur

Sondag 10 Maart 2019

Ons het Sondag se diens met die Nagmaal begin (Dis die imperatief oor God se karakter, dus wie Hy is en Wat hy vir ons kom doen en gee het, want . . .

As baba het God ook na jou toe gekom met jou Doop. Hy het Hom aan jou kom verbind. Ons praat van die inlywing in Sy verbond.

Dis ’n ooreenkoms van God se kant af na jou toe waar jy Sy eiendom word. Hy neem die verantwoordelikheid vir jou asook om betrokke te wees in jou lewe, om vir jou te sorg. Jesaja 43 sê dat al gaan jy deur vuur of riviere, is Hy by jou!  

By die Nagmaal kom versorg God jou deur jou te voed en te versterk. Dis ’n geestelike ete en dus nou ’n inblywing in die verbond. Die verbintenis word versterk deur die brood en wyn. Dis tekens wat sê dat God alles wat Hy met jou doop beloof het reeds gedoen het, naamlik dat Jesus die prys en koste reeds betaal het in die verantwoordelikheid wat Hy geneem het om Hom aan jou te verbind, in jou lewe betrokke te wees, jou te vergewe, te versorg, genade aan jou te gee en selfs aandag aan jou te skenk deur die Heilige Gees binne-in jou. Die nagmaalstekens wat jy gekry het toe jy vanoggend by die deur ingekom het, het jy verniet ontvang. Jy het niks daarvoor gedoen nie.

Kom ons lees Genesis 4: 1-16 asook Lukas 15:28

‘n Seilboot seil wanneer die wind deur die seile opgevang word. As ons ’n seilboot as metafoor vir die lewe gebruik, seil jou lewensseilboot wanneer dinge reg uitwerk en goed verloop. Maar soms gebeur dit dat jou lewensseilboot nie seil nie en tot stilstand kom. Dis wanneer dinge dan nie meer uitwerk nie, wanneer alles verkeerd is en skeef loop, wanneer problem opduik en niks reg is nie. Dan het ons ’n Marelize oomblik en ry ons spreekwoordelik in ‘n paal vas. Die probleem is nie omdat dit windstil is nie, want ons kan in elk geval nie wind maak nie hoewel desperate mense tog wel probeer wind maak.  Die probleem is dat die seile nie reg gespan is om die wind op te tel nie. Dan moet jy die seile van jou lewensboot reg draai om die wind te kan vang. Sedert die Wind in Genesis 1 (wat die Gees van God is) oor die waters gewaai het, het die Wind nog nooit ophou waai nie. Die Wind is altyd daar. Met die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2:2 het die Wind in mense se lewens en binnestes begin waai sodat dit hul lewe kon voortdryf. Dit is net as jou seile reg gespan word om die Wind op te tel. Die woord waarna ons vanoggend kyk en wat hierdie konsep beskryf is die 6de V in ons reeks. Die ander V’s was mos: Verwarmde hart, Verwonderd, Vreugde, Vry en Vergeet.  Vanoggend se vraag is: “Hoe kan ons dieper met God gaan en hoe kry ons verdieping in ons geestelike lewens?”

Die antwoord kan saamgevat word met die woord VERANTWOORDELIKHEID.

Verantwoordelikheid is vandag ‘n vloekwoord. Dis glad nie gewild nie en mense hou nie daarvan om oor verantwoordelikheid te praat nie of om verantwoording te doen of verantwoordelik te wees nie, want in wese beteken dit dat wat jy alles van God ontvang het (in die indikatief) jy mee moet handel:

  1. Verbind – Jy moet verbind bly aan al die verbintenisse in jou lewe.
  2. ‘Engage’ – Jy moet aanhou om betrokke te wees met hierdie verbintenisse. Net soos God met jou doop verbind bly aan jou.
  3. Nakom – Jy moet jou verpligtinge nakom soos in Genesis 1:28 waar die mens opdrag gekry het om te heers. Hoe heers mens? Deur daaraan aandag te gee, om te sien, te versorg, daarna te kyk en dit te bewerk.
  4. Doen – Jy moet doen wat nodig is. ‘You must do what needs to be done to get the job done’. Dit vra opoffering. Daar is ‘n prys wat betaal moet word. Jesus se sterwe aan die kruis is DIE ultimate – ‘He got the job done’.

Die implikasies van om jou verbintenisse na te kom, is om dit nie te verwaarloos, na te laat, af te skeep, te ignoreer, niks doen of te los nie, maar om dit te verbeter, meer en mooier te maak. Dus die vermeerdering van talente. Kain in Genesis 4 en die oudste seun in Lukas 15 het dit nie gedoen het nie. Hulle het nie met verantwoordelikheid gelewe nie, hulle het nie meer geheers nie. Om te heers is om juis jou verantwoordelikheid op te neem. Om die seile te span. Verantwoordelikheid neem jou dieper met God, dieper in Sy blydskap in. Verantwoordelikheid is die seile wat die wind van die Gees opvang en ons voortdryf en laat wegseil van die diepe hartseer wat daar buite wag. God sê vir Kain om te heers oor die sonde wat jou daar buite  (weg van God) in wag om jou in sy mag te kry. Wat God hier ook sê is dat as jy nie heers of jou seile span nie, beland jy in ’n windstilstand. Dan begin jou lewe wegdryf van God af en in die mag van die sonde in. Wat is sonde? ‘ENTITLEMENT’.

‘Entitlement’ of betiteling beteken dat ek voel ek is geregtig op iets en ek het die reg om so op te tree. Betiteling is die teenoorgestelde van verantwoordelikheid. Verantwoordelikheid is om toe te tree, iets te doen, te bestuur, te beheer, betrokke te wees, aandag te gee, om te sien, sorg te bied teenoor om terug te staan, niks te doen , te los, na te laat, te verwaarloos, te ignoreer, net te wag en te verwag dat ander iets moet doen, maar ek hoef niks te doen nie. Hoe weet ons dit was die geval met Kain? Die antwoord lê in sy broer Abel se offers wat aanneem is. Waarom neem God nie Kain se offer ook aan nie? Dit word nie eksplisiet in die teks verduidelik nie, maar dink ’n bietjie: Kain se optrede vertel ook iets van sy motivering vir die offer, want ’n mens doen wat jy dink of glo. Jy doen waaroor jy dink die lewe gaan en waarvoor jy hier is maw jou motivering dryf jou gedrag en optrede. Wat was Kain sin? Sy ma Eva sê sy het ‘n man, groot en belangrik in plaas van ’n kind in die wêreld gebring. Abel word daarenteen beskryf as net ‘n broer vir Kain.  Boonop beteken Abel nog asempie, briesie, kleintjie ook. ’n Mens lees al hier met geboorte ‘n meerderwaardige houding teenoor ‘n minderwaardige een. Kain offer die opbrengs van sy oes, terwyl Abel van die vetste eerstelinge uit sy kudde aan die God offer. Jy hoor hier iets van dat dit vir Kain om homself gaan – die man – en dat hy meer aan homself offer as aan God. Hebreërs 11:4 lees ons, “omdat Abel geglo het, het hy ‘n beter offer aan God gebring as Kain”. Kain sien neer op Abel en sy offer bevestig dit, want die offers wys die twee seuns se motiewe hulle geloof waarmee hulle geoffer het. Abel offer uit diepe eerbied en afhanklikheid aan God terwyl Kain met ’n meerderwaardige houding offer van myself en my reg en geregtigheid. Dit is hoekom hy so geweldig reageer as sy offer nie aangeneem word nie. Ook die oudste broer in Lukas 15 tree so op, want hulle lewe met ‘n ‘entitlement’ motivering. Omdat ‘entitlement’ die motivering vir die lewe is, word hulle kwaad as hulle nie hul sin kry nie, as dinge nie reg loop nie, nie uitwerk nie. Hulle mor in hul binneste oor die onreg, oor wat hulle voel hulle verdien en waarop hulle geregtig is. Dit lei daartoe dat hulle nie die seile span nie, nie heers nie. Heers is mos om iets te doen, om teëstand te bied. Om van die gedagtes en gevoelens van om ’n slagoffer te wees weg te seil. Daarteenoor sit hulle eerder in die windstilstand van selfbejammering en blamering. In die windstilte gee hy sy verantwoordelikheid op en doen hy niks, buiten om kwaad, ongelukkig, nors en bedruk te wees met ’n gesig wat hang. Dryf dit jou na die sonde wat vir jou daarbuite wag, weg van God af. En dis hoekom hy so optree en sy broer oorweldig en doodslaan, aaklig, né? Maar moenie te vinnig wees om hom te kritiseer nie, want dink maar aan soveel mense wie se motief in die lewe ook ‘entitlement’ is. Hoe lyk dit? Dan wil jy...

  1. die voorregte, voordele en lekker dinge van die lewe hê sonder om iets te doen of enige verantwoordelikheid te vat vir wat jy het, besit of aan verbind is.
  2. verdienste hê, want jy voel jy het die reg daarvoor.
  3. spesiale behandeling hê, want jy is belangrik en jou behoeftes is al wat tel. Terwyl Romeine 12:3 sê “jy is nie belangrik nie”.
  4. onthef en kwytgeskeld word van enige verantwoordelikheid. Jy voel dan dat verantwoordbaarheid nie op jou van toepassing is nie. Kyk maar na Kain: Op God se vraag aan hom, “Waar is jou broer?” antwoord hy met die vraag, “Is ek my broer se hoeder, moet ek my broer oppas?” Dit wys dat hy geen verantwoordelikheid vat teenoor ander nie. Vir hom is Godsdiens net ‘n saak tussen hom en God, terwyl Godsdiens ‘n saak is tussen jou en jou broer. Hoeveel kere voel ons nie ook so nie? Kyk maar hoe tree mense op wat voel hulle kry nie genoeg erkenning nie, dat hulle nie gewaardeer word nie, misbruik word, nie beloon word nie, alles moet doen en niks daarvoor kry nie. Tree ons nie baie keer so op nie? Net soos Kain word ons kwaad, is kwaai, sarkasties, negatief, klae, krities, ongelukkig en kinderagtig. Ons regverdig enige gedrag of optrede maak nie saak hoe sleg, lelik, verkeerd of dodelik dit ook al is nie. Soos Kain wat vir Abel doodmaak. Hoe baie doen ons nie dit nie? As ons nie kry wat ons verwag of op geregtig is nie (voel dis my reg, dit kom my toe, ek verdien dit) en jy kry dit nie, sit jy, doen jy niks, neem jy nie die verantwoordelikheid op om te heers nie. God wil op ’n mooi en vaderlike manier, met deernis vir Kain help om nie oorweldig te word met wraak, wrokke, woede of moord nie. Maar Kain span nie die seile nie, dryf na buitetoe. Dink aan ’n boot wat in gevaar in dryf teenoor een wat sy seile span en met die wind in sy seile weg seil van die gevaar af. Dit is wat dit beteken om met verantwoordelikheid te lewe. Dus om jou verantwoordelikheid op te neem. Romeine 14:12 gaan daaroor dat ons aan God rekenskap moet gee vir al die indikatiewe dus alles wat ons gekry het, wat ons besit en waaraan ons verbind is en hoe jy daaroor geheers het.

 HOE?

Om met verantwoordelikheid te leef begin eerstens by jouself.

  1. Om jouself te vergeet, want jy het nie die reg op enigiets nie. Jy het net voorregte, jy verdien niks nie. Jy het in elk geval baie meer as wat jy verdien. Stel jouself voor jy moet net hê wat jy verdien, anders as jy dit nie doen nie, gaan jy ’n slagoffermentaliteit hê, jouself bejammer en jouself regverdig.
  2. Om te heers en seile te span in al jou verbintenisse. Jou huwelik (ring), huis (sleutels) kinders (geboortesertifikaat), doopsertifikaat (geloof en geestelike lewe) ens. Jy moet daar betrokke raak, dit bestuur, versorg, aandag gee...Dis hoekom jy nie jou aan so baie goed soos take, dinge en mense moet verbind nie, want dit vra werk, aandag en sorg. Dit vra om die seile te span, sodat dit beter en mooier en meer kan word, weg van die mag wat jou wil vernietig.
  3. Om te heers en seile te span in al die implikasies van alles in jou lewe: jou gesondheid, jou gewete, jou geloof, vertroue, hoop, liefde, genot, selfbeheersing, rus en balans. In alles wat jy het – huis, kar, werk, finansies, werknemers, diere ens.
  4. Om verantwoordelik te heers dus om te doen wat nodig is om dit beter, mooier, gesonder, lekkerder, genotvoller te maak.

Hoe lyk dit as jy nie die seile span in al die area’s van jou lewe nie?

Liggaam - Ongesond oorgewig en onfiks – heers nie deur oefen en selfdissipline nie.

Geld – skuld – heers nie oor jy meer wil hê en wil bewys.

Huwelik – egskeiding - heers nie oor wellus en ontrouheid.

Kinders – hulle leef sonder morele waardes en is wild – jy dissiplineer hulle nie – jy los hulle om te doen wat hulle wil.

Werk – gespanne atmosfeer kantoor - of maak nie targets nie.

Samelewing – armoede, nood – los mense aan hulle eie heil oor.

Natuur – vullis, vuil - nie verantwoordelikheid vat vir die skoonhou of om te herwin nie.

Land – as jy dink dis net die regering se verantwoordelikheid of hulle sien nie dat dit hulle verantwoordelikheid is om te heers nie.

In kort: as jy dink die lewe gaan om jou (oor jou eie reg en wat jy verdien) en dit gebeur nie so nie, sit jy net, span jy nie die seile deur met verantwoordelikheid te heers nie. Jy dryf na buite waar die sonde se mag jou in wag en jou skade berokken. In wat se areas in jou lewe moet jy die seile span? Nie soseer omdat daar nie wind is nie, maar omdat die seile nie reggedraai word om die wind op te vang nie, begin jy net dryf. Jou gesondheid, geestestoestand, huwelik, kinders, werk, finansies, emosies, verhoudings. En wat is dit wat jy moet doen? Wat is dit waaroor jy moet heers deur die seile te span sodat die wind dit kan voortdryf? Nie te loop nie, maar te bly, want jy heers in al die verbintenisse van jou lewe. Jy moet betrokke wees, aandag gee, tyd, help, eerlik, getrou, hard werk om al die balle te vang, positief, vriendelik, hoopvol en vol respek te wees. Dit is nie ‘n ME-THING nie maar wel ‘n WE-THING. Die wind is God se Gees wat sedert pinkster nog nooit ophou waai het in die lewens van God se kinders nie. Die indikatief is dat God jou Sy kind maak en aanneem. Die implikasie (imperatief) is dat jy saam met Hom die “goeie werk wat Hy in jou begin het enduit (saam met jou) sal voltooi”

Slot – wind van die Gees in my gees teenoor net wat ek moet doen.

Sondag, 10 Februarie 2019 09:00

DIEPER 2019: Vergeet van jouself

Geskryf deur

Sondag 10 Februarie 2019

My oupa het my altyd met Monopoly gewen toe ek klein was. Dit was nie lekker nie. Ek het my voorgeneem dat ek hom eendag gaan wen, maar nie net wen nie, hom kaal uittrek. Toe op ’n dag, kry ek eerste kans om Eloff & Jan smuts strate te koop en breek sodoende my oupa. Sal nooit vergeet hoe lekker dit was om sy laaste noot te vat en te sien hoe hy bankrot is en ek hom vernietig nie. Maar ek sal sy woorde nooit vergeet nie: “Mooi so. Jy het gewen! Maar kom ons sit dit nou alles terug in die boks – al die huise, hotelle, ‘get out of jail’ kaarte, nutsmaatskappye (elektrisiteit) en al jou geld (wat ek alles so opgestapel het) Dit was nie joune nie, al het jy so gedink”.
Ek wou nie hê dat dit terug in die boks moet gaan nie. Ek wou dit so hou as ’n bewys dat ek gewen het en die meeste gehad het. Oupa het dit gesien en die volgende vir my gesê: “Die lewe werk ook so: alles wat jy bymekaar gemaak het en gedink het jy besit, gaan alles terug in die boks – titels, talente, CV’s, silwerware, dekorasies, huise, plase, karre, selfs jou liggaam gaan letterlik terug in die boks in.”
Ek lees onlangs die volgende wat by oupa se woorde aansluit: “Alles wat jy het gaan eendag op ‘n ashoop beland. Jy is net die middelman tussen wat jy het en wat stelselmatig op die ashoop gaan beland. Die enigste verskil tussen goedere in ‘n winkel en ‘n ashoop is TYD.” En elders: “If you want the formula, here it is: junk equals treasure or stuff plus time. Stuff is junk waiting to happen."

Ons is besig met die reeks Dieper met God. Sovêr het ons nog elke Sondag na ’n tema beginnende met ’n V gekyk soos: Verwarmde hart, Verwonderd, Vreugde en Vry. Vanoggend kyk ons na die V van VERGEET . . .
Ons het verlede week ook na 7 W’s gekyk wat geestelike verdieping met God verhinder en jou lewe met God oppervlakkig hou. Die 7 W’s is:
1. Woede, kwaad, ontplof, verloor jouself of jou humeur, woedestuipe. As dit nie hanteer word nie, lei dit tot:
2. Wrokke, grudges, verbittering, haat, grief, wrewel, afsydigheid.
3. Wreek, wraak, wreed, vergelding, straf.
4. Wen, meer, hê, gierig, kompetisie, jaloesie, afguns, bedrog, oneerlik, skelm, vergelyk.
5. Waarheid, reg, hoogmoed, narsis, hard, ongenaakbaar, vuur spoeg.
6. Wellus, begeerte, drang, selfsug, vraatsug, hebsug, bevrediging aptyt, plaasvervanging intimiteit.
7. Ween, seer, pyn, ongelukkig, onreg, gepreokkupeer, vertroetel, identiteit, manipuleer.

Vanoggend kyk ons na WEN en WELLUS en WAARHEID en WEEN

Luk 12: 13 “Iemand uit die menigte sê toe vir Jesus: “Meneer, sê vir my broer hy moet die erfenis met my deel.” Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.”

Die man se vraag gaan oor sy erfdeel. Volgens hom is die boedelverdeling oor grond nie reg nie. Hierdie grond was al in sy familie sedert Josua die beloofde land ingeneem het. Hy en sy broer het dus die grond gekry. Nie een van hulle het daarvoor gewerk nie of dit gekoop nie. Hierdie ou kom na Jesus toe met sy ontevredenheid. Die Talmud sê duidelik dat ’n Rabbi nie wetlike gesag gehad het oor erfporsies en grondverdelings nie. Jesus kon dus nie ‘n uitspraak maak oor die boedel of die erfdeel nie. ’n Mens sou kon vra, hoekom hy na Jesus toe kom? Die rede daarvoor is, omdat hy godsdiens wil gebruik om sy sienings te regverdig en om dit wat hy soek te kry. Let op: Hy kom na Jesus nie om te vra wat Jesus hieroor te sê het nie, maar om Jesus se outoriteit as Rabbi te misbruik om te kry wat hy voel reg is naamlik, meer grond. En die ironie is dat juis dit is waarvan hy sy broer beskuldig. Jesus vertel dan ’n storie om te wys hoe maklik ‘n mens bedrieg en verblind kan word deurdat ons nie die werklikheid van wie ons innerlik in jou hart is, raaksien nie, want gierigheid is die een sonde wat jou maklik kan mislei en verblind vir die liefde en hartsbegeerte om te besit. Die een is soos ’n eien-aar met die liefde vir besittings teenoor ’n trustee wat bestuur. Daar is ’n groot verskil tussen die 2 soorte ingesteldhede. Dit is waaroor die storie van Jesus gaan, dus oor die innerlike, oor wat jou dryf en wat in jou hart is. Dit gaan dus nie soseer oor die verkeerdheid en die gevaar van rykdom in terme van geld en materiële besittings nie, maar oor ’n ingesteldheid en ’n gesindheid teenoor die lewe. En as jy so na die storie kyk is die eintlike opskrif nie die gelykenis van die RYK DWAAS nie, maar van die ARM DIER.
Kom ons kyk weer na die hele skrifgedeelte:

Luk 12: 15-21
Toe sê Jesus vir hulle: “Pas op en wees versigtig vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.” Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “'n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.”

Ek verduidelik: 'n Man se grond het goed gedra. Dit is nie oor iets wat hy self daaraan gedoen het nie. Dit is ‘n geskenk aan hom. Die man se rykdom is ʼn seën. Alles wat hy het is aan hom gegee, eintlik geleen. Soos in die speletjie Monopoly “Its all goes back into the box”. Die storie gaan dus nie oor die ryk man se rykdom, sy besittings en geld nie maar hoe hy daaroor dink en wat hy daarmee sal maak. Richard Quest van CNN sê “It’s not how much you have, It’s what you do with what you have. It’s not about more, but to make more with what you have”. Kom ons kyk wat was waar van die man in die storie in terme van sy ingesteldheid:

1. “Hy het toe by HOMSELF gedink”
By homself is ‘n ingesteldheid van EK – van MY – en MYNE. Die feit dat hy net by homself dink, wys al dat daar nie plek vir iemand anders in sy lewe is nie. Hy dink individualisties, terwyl die kultuur van destyds een was van kollektiwiteit veral in familieverband. Hulle het oor alles saam gedink en saam besluit, maar nie hy nie – hy dink by homself. Waaroor dink hy?


2. “Wat moet EK doen?”
Hy wonder wat hy met alles wat hy reeds het, moet doen? Is dit nie vanselfsprekend as jy in plek bly waar baie mense arm is en niks het nie, jy dan tog behoort te weet wat om met jou ‘baie’ te doen nie? Behalwe as jy op 'n manier jouself so geïsoleer het van die werklikhede en die probleme om jou dat jy vereensaam. Alles omdat jy nie in kontak met die noodkrete van die hongeres, die dakloses, en die wat uitgebuit is gebly het nie. Jy organiseer jou lewe so dat jy letterlik nooit in kontak kom met iemand wat in nood is en behoeftes het, skouer skuur nie. Daarom weet jy nie wat om met jou oorskot te doen nie, want jy lewe net saam met ander wat net soveel of meer het as jy. Omdat jy jouself heeltyd met ander vergelyk wil jy meer hê. Jy smag na wat ander het en wil selfs meer as hulle hê, want dit sal jou dan laat goed voel. Hierdie is ‘n ingesteldheid dat wat ek het, myne is omdat ek die eienaar is en nie ’n ingesteldheid dat wat ek het aan my gegee is of eintlik geleen word om iets mee te doen nie. So ’n ingesteldheid van “net myne” lei later tot ’n ontevredenheid met wat jy het en ’n begeerte om dan meer te wil hê, want dit wat jy het is nie genoeg nie - terwyl jy eintlik klaar nie weet wat om met alles te doen nie. Weet jy wat noem mens dit? GIERIGHEID! Dit beteken daar is meer vir my, want ek is belangrik en in die hoogste-senter. Dis wat gelei het tot die eerste moord en ons noem dit HOOGMOED. Volgens Cicero, ’n Romeinse wysgeer – is dit ‘n siekte van die gees of van die hart! Dis onsigbaar van buite, maar speel na buite uit. Dis presies die punt van Jesus se storie: “Pas op, wees versigtig, vir elke vorm van gierigheid”. In wese is gierigheid ‘n ingesteldheid en ’n gesindheid van om meer te wil hê. ’n Ingesteldheid vandat alles wat jy het, nie genoeg is nie. Dat jy nie tevrede is met wat jy het nie, maar dat jy ook nie weet wat om met dit wat jy het te doen nie. So baie mense het vandag dieselfde dilemma as die man in die storie: hulle skure is reeds vol (doen nie iets daarmee soos deel, of gee nie) en weet nie wat om met dit te doen nie. Daarom sê die man in die storie: “Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie”. Die lewe gaan vir hom oor om op te gaar, om meer te hê, om die meeste te hê en en om te wen. Dan sal dit hom laat goed voel, dat hy dit gemaak het, sy doel bereik het. Dan sal hy suksesvol wees deurdat hy voldoen aan sy eie maatstaf van om baie te hê, eintlik die meeste te hê. Maar hier is die werklike dilemma: Uiterlik is sy skure vol sodat hy nie meer plek het nie, omdat hy het te veel het. Daarom word hy beskou as ’n ryk man, maar sy binnekant is leeg. Sy lewe en sy hart is leeg. Dit is hoekom hy ‘n dwaas genoem word, want hy dink hy is ryk (uiterlik in ‘stuff’) terwyl hy innerlik arm is. Hy lewe nie met ‘n ryk ingesteldheid (om ryk by God te wees) nie, maar met ‘n arm ingesteldheid (arm by God). Sy ingesteldheid is dus verkeerd is of gerig op die verkeerde goed daarom kan meer daarvan hom nie help nie. As jy meer en meer van niks het, dan het jy maar net nog meer niks. Daarom is hy geestelik arm, al dink hy, hy is ryk. Maar hy is nie ryk nie. Al wat hy het, is baie van niks, want niks van die goed waarvan hy so baie van het, laat hom goed voel nie. Hy dink dat as hy uiterlik sy skure groter maak, dit hom innerlik sal laat goed voel. En dit is ook presies wat hy toe doen:
“Ek sal my skure afbreek en dit groter bou en my goed daarin opgaar.”

Dit wys sy verkeerde ingesteldheid van ten spyte van die reeds baie wat hy het, wil hy nog meer hê. Daarom breek hy af en maak groter, want meer sal hom mos goed laat voel. Nou waar voel ‘n mens goed? Tog hier binne, innerlik, diep in jou hart. En dit is sy probleem, want daar is niks. Hy is innerlik leeg en probeer met uiterlike goed, innerlik vol word. Hy dink hy kan sy innerlike leegheid vul met uiterlike goed. Is dit nie maar presies wat ons ook doen met die diep leegheid hier in ons binnekant nie? Ons vul dit met klomp uiterlike ‘stuff’. Ons gebruik TYD om sekere area’s in ons lewens nog groter te maak om sodoende nog meer rykdom te bekom. Daarom sê Jesus: “oppas vir elke vorme van gierigheid”. Vorme van gierigheid is: mags-gierig, beheer-gierig, posisie-gierig, aandag-gierig, versamel-gierig, applous-gierig, voordele-gierig, eer-gierig, erkenning-gierig, aandag-soek-gierig, komplimente-gierig, in-die-kollig-gierig, wellus-gierig, hulp/aas-gierig, lui/niks doen-gierig...

Gierigheid is ‘n dier wat jou van binne af opvreet en jou sonder rede en verstand laat optree. Om meer te kry en te wil hê, moet jy dit wat jy het eers afbreek om dit groter te maak. Hoe baie breek ons nie dit wat ons het af om meer te kry nie? Gesondheid (oorwerk, stres, ongesond), werk (on-eties) en verhoudings (skeep af, maak seer, stel teleur, ontrou). Jy breek dit wat jy het af om meer te kry en om uiterlik aan die buitekant, te vertoon dat jy gelukkig is en dat jy goed voel. Die realiteit is eintlik, dat jy aan die binnekant voel of jy leeg is of jy nêrens het om dit te bêre nie. Jy het nie vrede en vreugde aan die binnekant nie. Alhoewel jy baie besig is en vol en gelukkig lyk aan die buitekant, is jy aan die binnekant leeg en hoop jy soos die man in die storie dat jy eendag as skure groter is . . . en jy het meer . . .

3. “Dán sal ek vir myself sê ‘mens, jy het goed gedoen’”.
Die probleem met enige vorm van gierigheid is dat dit jou uit die NOU, uit die hede vat, want jy is in jou kop besig met hetsy die toekoms of die verlede. In die geval word die man se lewe iets wat wag om te gebeur en vat dit hom uit die nou uit. Hier in die nou is hy ontevrede, omdat hier nou, niks is nie. Daarom wil hy nie hier in die nou lewe nie, hy wil dáár lewe . . . by die AS DIT . . . DAN SAL . .

Sien jy nie iets van jouself hierin nie? Jy sukkel om in die nou te wéés, tevrede te wees, want jy is:

1. Vasgevang in ʼn verlede waarvan jy nie kan loskom nie. Daar het seer goed in die verlede gebeur en dit hou jou vasgevang. Om daaraan vas te klou en die seer te troetel, is dit nie nie op ʼn manier ʼn vorm van gierigheid nie? Meer bejammering, simpatie, empatie.

2. Vasgevang in ʼn toekoms wat jy idealiseer. “eendag . . . as dit … dan sal. Daar is altyd iets waardeur, waaroor jy eers moet kom. Iets wat eers afgehandel moet word. Skuld wat betaal moet word, iets wat ek nog moet kry, dan sal ek gelukkig wees. Wat gebeur toe?

God het vir die man gesê: “jou dwaas…. Dwaas is die Griekse woord “afron" met die stamwoord phred. Jy is die senter van jou lewe, passies, wysheid, asem – so dom soos dier. Dis soos om vir jouself te lewe sonder rede en verstand. Daarom word die lewe (ZOE) van hom teruggevat. Die Griekse woord “apoteio” beteken “dis vir jou geleen”. Dis nou die tyd om terug te gee, want jy doen nie iets goeds daarmee nie . . . “your life was on lone and I want your soul back”… Dit beteken dus dat jou rykdom asook jou siel en gees alles met mekaar verbind is. Wie jy is, jou siel en gees, en alles wat jy het, is aan jou geleen en word teruggeëis as jy dit net vir jouself hou en klou en opgaar.
"vandag sal jou lewe van jou teruggeëis word". Die woord lewe is die Griekse woord “Zoë” – eufron = euforia wat goeie lewe beteken. Nou noem Jesus die man jou afron- wat die teenoorgestelde van euforia is dus sonder geluk, passie, asem, lewe, Zoë want Zoë is: innerlike geluk, genot, vrede, tevrede, vreugde – Dis ‘n diep kwaliteit van lewe, lewe wat bevredig (en nie die woord ’bios’ wat fisiese lewe beteken nie), diep lewe, innerlike vrede en tevredenheid. Zoë is om te wees teenoor om te wil hê. Daarom is Zoë die afwesigheid en die opgee om te besit en om te wil hê. Dit is om tevrede te wees en met tevredenheid te lewe. En volgens die storie kan jy dit net word as jy jouself vergeet. In dit lê daar ’n diep rykdom nl. om eers arm en leeg van jouself te word, dus vry van jou belangrike lewe. ʼn Geestelike soeker het eendag in ʼn vêr land na ʼn guru toe gegaan en vir hom gevra dat hy hom moet help op sy geestelike reis. Die guru het in sy eenvoudige huisie verwelkom en vir hom tee aangebied. Toe die man die vol teekoppie by hom neem, het die guru nadergekom en nog tee uit die teepot in sy koppie geskink. En hy het net aangehou met gooi totdat die tee uit die koppie oorgeloop en op die grond geval het. Die man sê toe vir die guru: Oppas! Wat maak jy nou?” Die guru sê vir hom: hierdie koppie is jy. Jy wil geestelik groei, maar jy is nog te vol van jouself. Gaan word eers leeg, sodat jy kan vol word. Dis wat die guru gesê het, en Jesus sê: geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is jy as jy nie vrede soek by goed en ervarings wat nooit regtig vrede kan bring nie. Geseënd is jy as jy daardie begeertes kan laat gaan, as jy arm kan word, en net in die eenvoudigheid van die hier en nou oomblik kan wees. Want in hierdie oomblik hier en nou is daar ʼn onuitputlike rykdom. God self is hier. As jy hier kom, is jy ryk by God. Wat beteken dit? Dit beteken dat dit nie gaan oor hoeveel jy besit nie, maar of jy deur God besit word dus of jou hart deur God in besit geneem is?

Dan het jy Zoë in die nou en innerlik voel jy goed, tevrede-geseën en jy geniet wat jy het en doen jy ook iets meer daarmee en soek jy nog meer nie. So ingesteldheid teenoor die lewe verdiep jou met God, want jy het jouself vergeet en oor jouself gekom, Nou gaan dit om meer, oor wat jy doen met wat jy het asook om dit te geniet en aan te wend vir dit wat beter is nl dat die Koninkryk sal kom. Dit is wat ryk by God is: Om God te geniet in die oomblikke. Dat die lewe ’n spel is soos Monopoly, maar nie om te wen en die meeste te hê en op te gaar nie, want alles gaan weer terug in die boks in. Ryk is om die spel – die lewensspel – elke oomblik saam met die medespelers te geniet en om meer te maak vir ander met alles waarmee jy geseën is.

Is Zoë van jou teruggeëis? Dan weet jy wat om te doen om dit terug te kry.
Vraag is - is jy bereid om jouself te vergeet?

Amen

Bladsy 2 van 10

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer