NG Kerk Eros Preke
Woensdag, 15 Februarie 2017 19:48

Anders: Sola Gratia - Weerstandige genade

Pous Leo X het geld nodig gehad om die St Perters kerk te bou. Om dit te doen het hy swaar boetes op mense gesit genoem die aflaat – gebruik waar mense by priester hul sondes gaan bieg het – hy dan bedrag bepaal ogv die graad van sonde – as jy betaal ontvang jy vergifnis van jou sondes en toekomstige sondes + jy kon ook bedrag betaal het om die siele van dooies om nie vaevuur sou gaan – as’t ware terugkoop van siele

Dan was daar die praktyk genaamd boetedoening – waar jy boete gekry het vir oortredings soos onthouding van die sakramente, die Onse Vader 100x opsê en om gemeenskap te werk – goeie werke te doen

Daar is geglo dat die ampte – pous, kardinale, priesters het bevoegdheid en mag van God gekry om sondes te straf, boetes vir redding en die vergifnis vir sondes te bied.

Jy kan jou dus net indink wat die effek van so sisteem – soteriologie nl. die leer oor verslossing en vergfinis – op mense was: mense in vrees, angs en arm – aan kerk en ampte uitgelewer om van sonde ontslae te raak, deur vergifnis en redding te koop.  Alles uiterlike praktyke en handelinge – geen innerlike berou/skuldbesef

Toe Luther die Bybel lees hy gesien dat dit verkeerd is oor 3 woorde? Genade was gekoop, beskikbaar deur bieg/betaal/boete gedoen het – genade was weg. Tekste soos Ef 2 het Luther besef kerk was verkeerd: verkondig dwaaleer, mislei mense en hou hulle gevangene en arm

Published in Ds Fourie van den Berg
Maandag, 06 Februarie 2017 18:53

Anders: Sola Scriptura - Lig in die donker

Skriflesing: Ps 19
'n Psalm van Dawid.
 
2Die hemel getuig van die mag van God,
die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.
3Die een dag gee die berig deur aan die ander
en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.
4Sonder spraak en sonder woorde,
onhoorbaar is hulle stem.
5Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld
en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.
Vir die son is daar in die hemel 'n tent opgeslaan.
6As hy stralend begin om sy baan te volg,
is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom.
7Aan die een kant van die hemel kom hy op
en aan die ander kant gaan hy onder,
en niks ontkom aan sy gloed nie.
 8Die woord van die Here is volmaak:
dit gee lewe. (gemeente)
Die onderwysing van die Here is betroubaar:
dit gee wysheid. (gemeente)
9Die bevele van die Here dui die regte koers aan:
dit bring blydskap. (gemeente)
Die gebod van die Here is helder:
dit gee insig. (gemeente)
10Die eise van die Here vir sy diens is goed:
dit staan altyd vas.
Die bepalings van die Here is reg:
hulle is regverdig. (gemeente)
Published in Ds Fourie van den Berg
Woensdag, 01 Februarie 2017 06:04

Anders: Sola Scriptura - Die Woord is die Lamp

Lees: 2Tim.3:14-17; Hebr. 4:12; Ps 119:105

Ons begin vandag by die eerste van ons vyf solas waarby ons in hierdie termyn gaan stilstaan, nl. sola scriptura, wat beteken: die Skrif alleen. Die vraag wat die reformatore wou antwoord, was: waar leer jy God ken? Luther was nog meer spesifiek en het gevra: waar leer jy 'n genadige God ken. Hulle antwoord was onomwonde: in die Skrif alleen! Daarom kan jy 'n gereformeerde Kerk dadelik uitken wanneer jy hom binnestap: die kansel, vanwaar die Woord spreek, staan in die sentrum van die liturgiese ruimte. Dit gaan nie oor die belangrikheid van die prediker nie, maar oor die belangrikheid van die boodskap!

1. Een van die kere wat ek saam met 'n groep belydenisklaskinders die Visrivier gaan stap het, het dit laat namiddag begin reën. Na die bui oor was, was dit aand. Pikdonker, want die wolke het verhoed dat ons enige lig kon sien - geen ster, geen maan, niks. Toe gee ek aan die kinders drie opsies waarvan die derde was dat ons die laaste elf kilometer Ai-ais toe kon stap, wat hulle toe natuurlik gekies het. Ek sou toe voor stap met 'n flits, iemand in die middel van die groep moes 'n flits aansit en die laaste persoon in die ry moes ook 'n flits hê. Toe kom een van die meisies na my en sê sy is nagblind. Sy kan gladniks sien nie. Ek sê toe vir haar om reg agter my te loop en waar ek my voet optel, moes sy haar voet neersit. Sy het dit gedoen en ons almal het veilig in Ai-ais aangekom waar ons 'n heerlike ete op die restaurant se stoep geëet het. Ek het hierdie laaste deel van ons stap nie 'n enkele moeilikheid met enigiemand gehad nie. Almal het die nagmars feitlik in stilte gestap. Ek het geweet almal vertrou my om hulle by Ai-ais te kry, want ek het die lig, ek ken die pad en ek stap voor. Is dit nie met Jesus ook so nie? Hy sê tog self dat Hy die lig vir die wêreld is en dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is. Daarby het ons besef hoe belangrik dit is om lig op jou pad te hê - veral as dit nagdonker is. Die Bybel sê in Ps 119:105 dat God se Woord vir ons so 'n lig is. Ps 119 was vir die Joodse rabbi's baie belangrik; so belangrik dat elke Joodse seuntjie wat in hulle groep was, dit uit sy kop moes ken. Die hele Psalm vertel hoe kosbaar en waar en reg die Here se woord, sy verordeninge, sy voorskrifte en gebooie is. Vir hulle was dit ononderhandelbaar dat die woord van God hulle lamp en lig was. 

Published in Ds Johann Serfontein
Donderdag, 26 Januarie 2017 18:47

Anders 2017: Miernes vir Christus

Perikoop : 1 Kor 12:1-31; Ef 4:15-16 (11-12)
Teks : Ef 4:15-16
Tema : Miernes vir Chrisus...gemeente. (Christus is die Hoof en ons die liggaam / Demokratisering van die kerk).
Hoe lyk die kerk van 1550:
Published in Ds Zack Pienaar
Woensdag, 18 Januarie 2017 07:34

Anders: Reformasie 2017

Perikoop : Rom 1:16-17; Ef 2:8-9; 1 Petr 2:5; 1 Tim 2:5; 2 Tim 3;16 
Teks : Rom 1:16-17
Tema :  Kinders van die Reformasie : Anders, Verander, Vir Ander. 
 
Van jaar 500 honderd jaar gelede, 31 Oktober 1517, was die dag wat wereld van godsdiens en politiek dramaties verander het. Daardie dag toe Martin Luther 95 stellinge (Theses) teen die kerkdeur van die kerk in Witteberg gaan vas slaan het, het alles ANDERS (DIFFERENT) geword, het alles VERANDER (CHANGE), en het die kerk n kerk VIR ANDER (FOR OTHERS), vir die mense geword.
Published in Ds Zack Pienaar
Donderdag, 12 Januarie 2017 18:47

Anders: Vlieg met arendsvlerke

Jesaja 40

God sê: Gaan praat my volk moed in. Gaan troos hulle. Praat mooi met die mense van Jerusalem. Sê vir hulle: “Bou ’n pad vir die Here deur die woestyn. Maak vir ons God ’n breë, reguit pad dwarsdeur die veld. Vul die leegtes op. Stoot die berge en die heuwels plat. Maak die draaie reguit. Maak die klipperige grond glad. Dan sal die Here kom. Almal saam sal sien hoe wonderlik die Here is. Die Here het self belowe dat Hy sal kom.” Wat die Here sê, hou vir altyd

Published in Ds Fourie van den Berg

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer