NG Kerk Eros Nuus en Gebeure
Dinsdag, 06 April 2010 23:00

Opgestaande Heer!

Written by

Die Heer, die Heer het opgestaan!  Dit is so maklik om te fokus op die negatiewe, die hartseer, die pyn, die lyding, ook van Jesus se kruisiging.  Maar toe Hy die woorde: "Dit is verby/ dit is volbring" spreek, het Hy juis daarmee bedoel dit is die einde van die slegte en die verkeerde, en dit is die begin van die nuwe, die goeie.  Op die derde dag na die kruisiging het Jesus opgestaan sodat ons vandag kan lewe - met geloof, hoop en liefde en weet dat ons KAN, ons SAL en ons GAAN.  Gaan uit en leef daarom Jesus se wonderbaarlike opstanding!

Lees ook die preeknotas van Paasfees.

Maandag, 29 Maart 2010 23:00

Jesus Leef!

Written by

Dis Paasfees.  Een van die grootste hoogtepunte op die Christelike kalender.  Want Jesus het nie net gesterf vir jou en my sondes nie, vir 'n gebroke wereld nie, maar Hy het ook weer opgestaan.  Hoe wonderbaar is dit nie!

Eros bied sy eerste Paas Sangdiens aan ter herdenking en viering van Jesus se lewe, lyding en opstanding.  Kom geniet 'n aand van beeld, musiek en toneel op Woensdag, 31 Maart 2010 om 19:00 in Eros-kerk. 

Vir meer besonderhede, kontak die Kerkkantoor by 226157.

Geseende Paasfees vir almal!

Woensdag, 17 Februarie 2010 23:00

Oesfees 2010

Written by

 

Oesfees 2010 is om die draai!  Dit is een van Eros se groot fondsinsamelingsprojekte - met 'n verskil.  Al die fondse gaan aan behoeftige sosiale en gemeenskapsprojekte geskenk word om so 'n verskil in die minder bevoorregte mense se lewens te kan maak.  Hierdie is een van die baie maniere waarop Eros graag sy "Liefde vir Ander" beginsel wil uitleef.

Vanjaar se mikpunt is om N$600 000 in te samel vir hierdie projekte, maar ons kan dit slegs met jou hulp regkry.  Ons maak staat op u bydrae.

Teken 28 Maart 2010 nou reeds in jou dagboek aan!
Vrydag, 22 Januarie 2010 08:38

Oesfees 2010

Written by

Eros se jaarlikse Oesfees vind hierdie jaar op 28 Maart 2010 plaas. 

Dit is 'n unieke fondsinsamelingsgeleentheid waar ons geld insamel vir sosiale investeringsprojekte.  Op hierdie manier leef ons die Liefde vir Ander-waarde van ons gemeente uit en kan ons 'n wesenlike verskil in die lewens van minder bevoorregtes maak.  Die projekte sal in die komende maande bekend gestel word.

Dagboek solank hierdie datum - ons gaan groot fees hou op Sondag, 28 Maart op die Eros Rugbyveld.  En ons laat weet u binnekort meer oor die bekende kunstenaar wat ook by die geleentheid gaan optree!

Vir meer inligting, kontak die Kerkkantoor.

Donderdag, 21 Januarie 2010 23:00

Dis Eenvoudig!

Written by

 

Die hedendaagse lewe is vir baie van ons gejaagd, dis vinnig, dis onpersoonlik, moeilik, vol probleme, krisisse en druk. Daar is net nie meer tyd en plek vir gesonde verhoudings, die huwelik, familie en godsdiens nie.  Ons het die piek van ons lewe bereik - waarheen nou?

Na afloop van 'n baie suksesvolle jaartema van "Beter" in 2009, het ons besluit om 2010 se tema heel gepas "Eenvoudig" te hou.  Want die lewe is veronderstel om sonder komplikasies en onnodige fieterjasies te wees.  God se plan met ons is eenvoudig.  Met hierdie tema, hoop ons om aan die einde van die jaar eenvoudiger te lewe met betrekking tot ons lewenspas, program, ritme, finansies, verhoudings, spiritualiteit en al die ander aspekte van ons daaglikse bestaan.

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer