NG Kerk Eros Nuus en Gebeure
Woensdag, 02 November 2016 06:26

Kerskuier

Written by

Ons sluit die jaar af met 'n lekker gemeente kuier op 19 November vanaf 09:00 - 13:00 by die kerk.  Sien uit na die volgende gebeure:

* Wit Olifant Tafel met tweedehandse klere & huisitems

* Pannekoek, sosaties, drinkgoed en eetgoed

* Speelruimte vir kinders

* Stalletjies met kersgeskenke en mooi goed

* 5km stap/ draf vanaf die kerk.  Dit begin 08:00 (inskrywings is N$20 pp by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

 

Vir meer inligting en besprekings, kontak die kerkkantoor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Maandag, 12 September 2016 08:17

Radikale Ritmes in die derde termyn

Written by

Die jaartema vir 2016 is RADIKAAL!  Jesus was anders, vars, verrassend, passievol en vernuwend en daarom volg ons vanjaar in Sy voetspore om te leer hoe ons ook soos Hy in vandag se tyd kan wees.  In die eerste termyn het ons Radikale Uitsprake van Jesus behandel, in die tweede termyn Radikale Helde in die Bybel en in die derde termyn gaan ons kyk na Radikale Ritmes.

Sondag, 11 September 2016 19:18

Ontdek jou plek kursus

Written by

Besef jy dat God aan elkeen van ons 'n geskenk gegee het om te gebruik in die koninkryk?  Sit jy Sondag na Sondag in die erediens of woon die kerk se geleenthede by, maar dit maak jou nie opgewonde nie?  Wil jy graag 'n bydrae maak, maar voel nie regtig passievol oor wat jy op die oomblik in die gemeente doen nie?  Ons wil elkeen graag help om sy God-gegewe gawes te ontdek of selfs te herontdek!  Daar is 'n plek in die gemeente en God se koninkryk wat jou sal vul met vreugde en energie, wat 'n perfekte passing sal wees vir jou.

Sondag, 11 September 2016 23:00

Tiendemaand 2016

Written by

https://www.youtube.com/watch?v=5PxpFltqDIU

Eros Gemeente het op 23 Oktober 2016 ons jaarlikse Tiendemaand fondsinsameling waartydens ons lidmate aanmoedig om 'n bydrae te maak tot die administratiewe en bedryfsonkostes van die gemeente se bedienings. Ons maak staat op hierdie bydraes om ons jaarlikse begroting te laat klop, aangesien dit die enigste bron van inkomste, buiten maandelikse bydraes en kollektes is, wat ons in staat stel om ons werk in God se koninkryk te kan voortsit.

Tiendemaand is egter 'n persoonlike saak tussen jou en die Here, aangesien ons almal verskillende vermoeëns het en God ons seën met verskillende finansiële gawes. Soos in 2 Kor 9 genoem word: "... Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het blymoedge gewers lief."

Maandag, 01 Augustus 2016 20:00

Radikaal in jou huis Featured

Written by

Om u te herinner aan die Radikale jaartema, het ons 'n unieke reeks huisitems.  Bestel nou u plekmatjies en koffiebekers met die Jesus se Radikale uitsprake en Radikale helde by die kerkkantoor.

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer