NG Kerk Eros Nuus en Gebeure
Sondag, 29 Augustus 2010 23:00

Oktober is die mooiste maand!

Written by

oktober

Oktobermaand is op ons deurstoep en vandeesmaand is daar sommer baie om na uit te sien!  Ons is tans besig met 'n pragtige preekreeks oor die Bergpredikasie wat beloof om jou weer tot stilstand te bring, rustig te maak, wakker te skud.  Kom luister saam elke Sondag om 09:00 in Eros Kerk.

Die hoogtepunt van hierdie maand se aktiwiteite is beslis ons Tiendemaand Dankfees van 22-24 Oktober 2010.  Dit is Eros se enigste fondsinsamelingsprojek vir die gemeente se werksaamhede en ons vertrou regtig op ons gemeentelede (en die Here) dat dit weer eens 'n geseende geleentheid sal wees en dat ons ons mikpunte sal kan bereik.  Indien u 'n bydrae wil maak, gebruik die koeverte by die deure of kontak Eros Kerkkantoor.  Ons bankrekeningbesonderhede is ook op die webtuiste beskikbaar.

In ruil vir die gemeente se openhartigheid, bied ons 'n naweek propvol aktiwiteite:

Lizette Murray.  Die bekende skrywer stap saam met mense die pad van verlies na herstel en hoop.  Vrydag, 22 Okt 2010 van 18:00 en Saterdag, 23 Okt 2010 van 09:00

Nedine Blom.  Die gewilde sangeres tree Saterdag, 23 Okt 2010 om 17:00 by Eros Laerskool Rugbyveld op.  Daar sal verversings wees en toegang is gratis.  Sy tree ook tydens die Sondag se erediens op.

Dankfees.  Op Sondag, 24 Okt 2010 om 09:00 het ons 'n Nagmaalsdiens waartydens dankoffers in die kis geplaas word.  Na afloop van die diens gaan ons almal 'n heerlike gemeente-ete saam geniet op die parkeerarea. 

Vir meer besonderhede oor enige van die aktiwiteite, kontak die Eros Kerkkantoor by 061-226157.

 

Maandag, 06 September 2010 09:36

Nedine Blom rock Windhoek

Written by

nedine_blomDie borrelende Nedine Blom besoek Windhoek as deel van Eros Kerk se Tiendemaand Feesvieringe!  Die supercool mamma wat jonk en oud met haar lekker liedjies en passie vir die lewe betower, tree Saterdagaand, 23 Oktober 2010 by die Eros Laerskool Rugbyveld op.  Lekker verversings en vermaak vir die kinders gaan beskikbaar wees.  Vir meer besonderhede, kontak Eros Kerkkantoor by (061) 226157.

 

Nedine gaan ook tydens die Tiendemaand Erediens op Sondag, 24 Oktober 2010 om 09:00 in Eros Kerk optree.  Hierdie geleentheid is Eros se jaarlikse fondsinsamelingsprojek vir die kerk se werksaamhede.  Kom woon gerus die erediens by!

Hou hierdie spasie dop vir meer inligting.  Ons wil vanjaar graag weer N$1 miljoen insamel soos wat ons verlede jaar vermag het!  Met u hulp, kan ons dit doen.

Sondag, 29 Augustus 2010 23:00

Dis heerlike lente

Written by

lentweek_2

September-maand is die begin van die lente, die seisoen van bloeisels, nuwe lewe, heerlike geure en warmer weer.  Dis ook die tyd vir opstaan, regruk, skoonmaak, uitreik, deel, gee.

Eros Kerk en Imago Dei bied vandeesmaand die "Social and Welfare Spring Bash" van 19 tot 21 September aan om juis gehoor te gee aan die sosiale kwessie van heel maak, nuut maak en lewe gee aan gemeenskappe wat dit so broodnodig het! 

Twee kundiges op die gebied van sosiale investering en gemeenskapsentrums, TJ Mare en De La Harpe le Roux, besoek Windhoek en lei die Maandagaand 'n gesprek met sosiale en maatskaplike projekte en ander rolspelers oor die begin van 'n verteenwoordigende forum/ beheerliggaam in Windhoek, die moontlike oprig van 'n gemeenskapsentrum, asook om met mekaar te netwerk en nuwe vennootskappe te vorm. Maandag, 20 September 2010.  18:00, Eros Kerk.  Kontak 061-226157 om te registreer

As deel van die Lenteweek wat aangebied word, nooi ons ook almal uit na 'n Lentediens die Sondagaand waar TJ Mare gaan preek.  Sondag, 19 September 2010.  18:00, Heja Kapel.

 Dit is die begin van 'n nuwe reeks Somerdienste wat Eros Kerk aanbied met die doel om ons heerlike aande te vier met relevante onderwerpe, veral op gesinne gemik.  Lekker saamkuier en saamsing vir die hele gesin word beplan.  Nooi asseblief al u vriende om hierdie inisiatief te ondersteun!  26 September, 23 Oktober (met Nedine Blom), 28 November.  Eros Laerskool Rugbyveld.  Hou hierdie spasie dop vir meer inligting.

Daar is oorgenoeg redes om die heerlike lente te vier!  Ons nooi u uit om hierdie termyn saam met ons Eenvoudig Geseend te leef!

Donderdag, 12 Augustus 2010 23:00

Tevrede met pienk

Written by

pink_roses

Watter vrou voel nie spesiaal as sy 'n bos pragtige pienk blomme ontvang nie?  Die geur en kleur van pienk is sag, blosend, vroulik en jeugdig. 

Dit is dus maklik om dit aan die waarde tevredenheid te koppel, want dit laat mens met 'n gevoel van vergenoegdheid en omgee - "om tot ruste te kom" en veilig en geliefd te voel.

Min van ons is egter ooit tevrede met dit wat ons het - mens soek mos altyd meer en beter en verder!  Ons vergelyk ons met die skatryk buurman en die suksesvolle baas en die beeldskone sepiester en voel tenagekom met dit wat die lewe vir ons uitgedeel het.  Ons hunker na meer!

Hoe salig is dit nie om te weet dat God daardie gaping vervul nie.  Hy is die meer waarna ons smag wat ons versadig en ons begeertes tevrede stel! 

Ons koppel vandeesweerk die kleur Pienk aan die Tiende Gebod in die Tien Gebooie, met die waarde Tevredenheid.  Herinner jouself aan die Tiende Gebod (Jy mag nie iemand anders se besittings begeer nie) op die volgende maniere:

 

Woensdag, 04 Augustus 2010 23:00

Eerlike blou

Written by

Sapphire_Link_op_800x707Donkerblou is 'n kalm, ernstige kleur wat ons gemaklik laat voel, seker omdat dit so konstant, betroubaar en alomteenwoordig is.

Blou is skoon, oop en deursigtig, sonder pretensies of vooropgestelde gedagtes - dis hoekom die saffier-steen so gewild is!  In ons verhoudings en interaksie met mense rondom ons, is dit dikwels so moeilik om ons ware self te wees, openhartig, eerlik.  Soveel onnodige seerkry is al veroorsaak omdat mense hul ware gevoelens, gedagtes, intensies en wese probeer verdoesel of wegsteek.

In plaas daarvan om onderduims en agterbaks te wees, kom ons wees eerder blou soos die hemel en wys ons ware kleure!  Laat liefde en omgee uit ons straal soos die sonstrale uit saffier... Dit is mos wat ons vry en lig maak!

Ons koppel vandeesweerk die kleur Donklerblou aan die Negende Gebod in die Tien Gebooie, met die waarde Eerlikheid.  Herinner jouself aan die Negende Gebod (Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander gee nie) op die volgende maniere:

 

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer