NG Kerk Eros Nuus en Gebeure
Maandag, 07 Februarie 2011 23:00

Waar jou hart is

Written by

  strong_heart6 

In ons huidige reeks, Dieper met God, gaan dit nie net oor 'n eie, persoonlike verdieping met die Hemelse Vader nie.  Ja, dit is verblydend om te sien hoe mense se lewens geraak word deur 'n totale oorgawe aan God en 'n dieper soeke na wat Sy doel met elkeen van ons is, maar dit le veel dieper as net 'n onkeerbare liefde en lus vir meer van God in jou lewe.

Dieper met God beteken om deur Hom beter te leer ken, jy ook meer soos Hy wil wees.  En om meer soos God te wees, beteken om minder vir jouself te wees - uit te reik na ander, om te gee vir jou naaste, lief te wees vir mense en die wereld 'n beter plek te wil maak.  Met God aan jou sy, kan jy 'n verskil maak en verdieping bewerkstellig daar waar jy gaan.  God is liefde, straal dit uit!

Sien die volgende paar maande uit na:

  • * Meditatiewe Stildienste elke tweede Sondagaand, vanaf 20 Februarie
  • * Oesfees met Pastoor Kapere, 2/3 April
  • * Paasprogram - 'n reis deur Jesus se lyding en opstanding met Dirkie Smit, 20 - 24 April
  • * Toer na Israel - 29 April 
Maandag, 10 Januarie 2011 23:00

Fokus Week 2011

Written by

 Kry rigting en perspektief vir die jaar met behulp van Eros se Fokus Week vanaf 30 Januarie tot 3 Februarie 2010.  Die weeklange program sluit praatjies deur Dr Jannie Botha en Gerrie Engelbrecht in en skop om 18:00 Sondag, 30 Januarie af, waarna die praatjies elke aand om 19:00 in die Eros kerkgebou sal wees. Tee en koffie sal ook bedien word.

Dr Jannie Botha

Hy is 'n internasionale motiveringspreker wat veral werk met sakemanne, sportlui, die jeug en huwelike.  Sy kwalifikasies sluit in besigheidsbestuur, teologie en sielkunde.  Deesdae spesialiseer hy veral in verhoudingsterapie en bestuur ook 'n sportpraktyk wat gholf, tennis, voetbal, atletiek, perdry, rugby, krieket, swem en hokkie betrokkenheid insluit, onder meer die SA 7's, o/21's en o/19's spanne, asook die Leeus, Cats en Blou Bulle).

Gerrie Engelbrecht

Hy is 'n voormalige, geliefde leraar van Eros Gemeente wat na die Strand in Suid-Afrika verhuis het.  Hier moes hy en sy vrou al verskeie struikelblokke in hul lewe hanteer, waarvan sy gesondheid en probleme met emfiseem, sekerlik die grootste is.  Hy het egter 'n wonderbaarlike herstel gehad, soveel so dat hy besluit het om sy doktorsgraad te voltooi en sy lewenspad met nuutgevonde passie aan te pak!

Maandag, 10 Januarie 2011 23:00

Dieper met God

Written by

  2011_diep_gang 

  Dieper

 

 

Ons nooi u vanjaar uit na 'n heerlike, wonderlike reis na 'n Dieper geestelike belewenis! Dit gaan voorwaar 'n reis wees, eerder as 'n oomblik; 'n ervaring en nie 'n enkele geleentheid; 'n warm gevoel soveel meer as net kortstondige satisfaksie - dis waarna ons kan uitsien wanneer ons die lig aan die einde van 2011 se tonnel gaan bereik.  

Lyk die jaar vir jou lank en donker vorentoe?  Smag jy na ryker, sterker verhoudings?  Voel jou Christenskap afgestomp en onvanpas in 'n vinnige, sekulere wereld?  Kom stap saam met ons die pad na nuwe lus en betekenis!

Tydens die eerste termyn gaan ons: Dieper met God

Tydens die tweede termyn beleef ons: Dieper Kennis

Tydens die derde termyn maak ons werk met: Dieper Verhoudings

Vir meer besonderhede oor hierdie temas, volg elke week ons Preeknotas en Warm Nuus.

Ons Termyn Fokus-nuusbrief hier aangeheg.

 

 

Sondag, 28 November 2010 23:00

Lig vir die wereld

Written by

  xmas_light

Kersfees kom herinner ons daaraan dat God se lig en glans en heerlikheid op aarde skyn, op my en jou as gewone mense wat sy liefde nie verdien nie, maar dit genadiglik ontvang.  Die geboorte van Jesus Christus was God se grootste geskenk aan ons en ons sien dit vandag steeds in verskeie geskenke wat Hy vir ons kom gee.  Kom ons maak ons harte oop en ontvanklik vir God se lig om in ons lewens te skyn, maar kom ons neem Kersfees ook verder in die wereld deur ons lig op ander te laat skyn en hulle te laat gloei met die heerlikheid van ons Hemelse Vader.

Mag u en u gesin 'n geseende, vreedsame en liefdevolle Kersfees beleef!

Lees ook Preeknotas van November 2010.

Sondag, 10 Oktober 2010 23:00

Jy kan 'n verskil maak

Written by

hand_heart

Die seisoen van gee en ontvang het aangebreek!  Oral word winkels gevul met blink kersballetjies en kleurvolle geskenkpapier, bekende wysies oor die luidsprekers om ons hieraan te herinner... 

Die blinkste nuus van die Kerstyd is egter die wonderlike geleentheid wat dit ons bied om te kan gee.  Om 'n werklike verskil in ander se lewens te kan maak.  Dit is die krag van Kersfees en is dit nie die warmste gevoel om te weet jy kan iets vir iemand anders beteken nie?  Dit is presies wat God in die wereld kom doen en in my en jou lewens!

Al gee jy vanjaar 'n duur of goedkoop geskenk, 'n woord van bemoediging, 'n kaartjie met 'n kragtige kersboodskap, 'n mandjie vol kos, 'n stywe handdruk, 'n skouer om op te huil - wat jy ookal gee, gee dit vanjaar met 'n warm, opregte hart.

Eros Kerk bied jou ook vanjaar verskeie geleenthede om 'n verskil te kan maak, en ook in jou eie lewe. 

Indien jy al verlies in die gesig moes staar, hetsy finansieel, 'n familielid, 'n egskeiding of ander traumatiese ervaring, nooi ons jou na Lizette Murray se praatjies op Vrydag, 22 Oktober en Saterdag, 23 Oktober by Eros Kerk.  Dit sal jou weer nuwe hoop gee en 'n besliste verskil in jou lewe maak. 

Ons Tiendemaand Fondsinsameling vir die gemeente se werksaamhede bied jou ook die geleentheid om 'n verskil te maak in die lewens van mede-gemeentelede en die breer gemeenskap.  Ons maak regtig staat op u bydrae om ons in staat te stel om mense se lewens te verryk en die gemeenskap 'n beter plek te maak.  Kom woon ons Nagmaal Dankfees op Sondag, 24 Oktober by en geniet 'n heerlike ete na die tyd vir slegs N$70 pp.

Die suksesvolle Glory Lorrie projek maak jaarliks 'n verskil in mense se lewens wanneer ons jeug deur die strate van Windhoek ry om die boodskap van Kersfees, klein geskenkies en noodsaaklike items te versprei aan minder bevoorregte mense.  Indien dit jou hart aanspreek, wil ons jou vra om 'n bydrae te maak sodat ons op 13 November met 'n stampvol lorrie kan ry!

Ons Kerssangdiens op 14 November om 19:00 in die Eros Kerk bied vanjaar meer as net 'n glinsterende boodskap en vrolike samesang - ons gaan die wonder van Kersfees by die deure uitneem en aan mense daar buite versprei om 'n werklik geseende Christusfees te kan vier.

God het 'n plan met jou, en maak nie saak hoe klein dit is nie, jy kan 'n verskil maak net soos Hy daagliks mense se lewens verander met sy warm asem.

Vir meer besonderhede oor enige van die aktiwiteite, kontak die Eros Kerkkantoor by 061-226157.

 

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer