NG Kerk Eros Nuus en Gebeure
Maandag, 11 Maart 2013 23:00

EROS STAP/DRAF

Written by


 pretdraf B


Kom stap/draf saam op 16 Maart!

Dinsdag, 27 November 2012 23:00

Skriba-pos vakant

Written by


 Eros gemeente se Skriba-pos is vakant.  Kliek op die posbeskrywing aangeheg vir meer inligting.  Aansoeke sluit 20 Des 2012.

Sondag, 18 November 2012 23:00

Vleismark

Written by

xmas meat Eros het vanjaar 'n Vleismark met kwaliteit vleis teen billike pryse!  Plaas u bestellings per sms soos op aangehegte pryslys.  Bestel nou!

Sondag, 23 September 2012 23:00

Baba-kompetisie

Written by

baba web_frontWenners in baba-kompetisie aangekondig!

Dinsdag, 05 Julie 2011 23:00

Kleingroepe daar vir mekaar

Written by

kleingroep_2

 Verhoudings speel 'n kardinale rol in die uitlewing van ons geloof - verhoudings met ons kollegas, huweliksmaats, vriende, mede-gelowiges, familie, vreemdelinge in die gemeenskap...

Ons bring vandeesmaand die fokus terug na verhoudings wanneer ons spesifiek aandag gee aan die vorming van nuwe kleingroepe wat mekaar op die pad na geestelike groei, en beter verhoudings met mekaar en God, kan lei.

Indien u nog nie aan 'n kleingroep behoort nie, maar wel die behoefte het om saam met mede-gelowiges 'n dieper pad te stap, wil ons u uitnooi om die kerkkantoor te kontak sodat ons u kan verbind met geskikte persone.

Dit mag dalk ook wees dat u reeds aan 'n kleingroep behoort, maar afgestomp is in terme van materiaal wat behandel kan word. Kontak gerus een van ons leraars vir leiding en riglyne vir die beste materiaal vir u groep.

En indien u graag 'n kleingroep op die been wil bring, reeds lede het, maar nie weet hoe om dit aan te pak en te bestuur nie, wil ons u ook vriendelik uitnooi om dit met 'n leraar of die kerkkantoor te bespreek.

Bladsy 8 van 15

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer