NG Kerk Eros Nuus en Gebeure
Maandag, 21 November 2016 18:56

Radikale Ritmes: Seen

Veels geluk liewe maatjie . . . vandag se laaste ritme . . . mag die Here jou seen!

Waar word dit gesing? By ‘n partytjie - wonderlik – als mooi balonne, maatjies, opwinding, en . . geskenke – ek altyd gaan kyk – geskenke is sëeninge!

Published in Ds Fourie van den Berg
Vrydag, 21 Oktober 2016 06:08

Radikale Ritmes: Skuldbelydenis

Skriflesing Ps 32 + Jak 5:16 “Erken en bely julle sondes eerlik teenoor mekaar, sodat julle gesond kan word?

Ons is besig met die reeks radikale ritmes deur te kyk na die liturgie in die tradisionele eredienste as stappe om ook die lewe aan te pak – 1. stil, voorberei, connect God, sien hom in jou dag en lewe + 2. wees dankbaar alles jou lewe loof God + 3. spieël en ondersoek jou lewe + 4. berou, voel hartseer, stukkend, spyt, jammer + 5. nou sê jy is jammer, erken, bely skuld – sonde, fout, verkeerde, opgefoeter het

Published in Ds Fourie van den Berg
Donderdag, 13 Oktober 2016 08:54

Radikale Ritmes: Verootmoediging/ Berou

Perikoop        :  2 Kron 7:14; Ps 51:1-17; Dan 9:3-15 ; Jak 4:6; Luk  18:11-13

Teks               : Ps 51:1-17; Dan 9:3-11

Tema              : Verootmoedig-berou : Vraag: Noem drie dinge van die afgelope jaar waarvoor jy regtig jammer is?

“Humble yourselves, therefore, under the mighty hand of God so that at the proper time He may exalt you, casting all your anxieties on Him, because He cares for you.” – 1 Peter 5:6-7

Published in Ds Zack Pienaar
Maandag, 26 September 2016 06:10

Radikale Ritmes: Dank & Lof

Verlede week het ons gekyk na die ritme om te stop – stadiger te leef – en te fokus op God – Hom te ontmoet - bewus te raak van Sy teenwoordigheid – ingesteldheid en verwagting dat Hy jou gaan help – in die kerlike liturgie is dit voorbereiding en afwagting op God

Nou – die 2de ritme/oefening – nl. LOF – as reaksie op Votum – God se groet en seen

Luister hier na die preek: https://youtu.be/okqJmZR1ZeM

Published in Ds Fourie van den Berg
Sondag, 24 Julie 2016 08:56

Radikale Helde: Barnabas

Josef ’n Leviet wat op Siprus gebore is en wat deur die apostels Barnabas genoem is, dit beteken iemand wat mense moed inpraat het die grond wat hy gehad het, verkoop en die geld gebring en vir die apostels gegee.

Barnabas was ’n Leviet in Siprus gebore. Aan die een kant beteken dat hy ’n Leviet was, dat hy ’n deeglike kennis gehad het van wat ons vandag ken as die Ou Testament. Aan die ander kant is Leviete meer vir ondersteunende werk in die tempel gebruik en was hulle onder andere verantwoordelik vir die liturgiese liedere wat in die tempel gesing is. Sy kennis van die Bybel en die Liturgie sou hom waarskynlik goed voorberei het vir die rol wat hy later in die kerk in Antiogië sou speel. 6de eeuse monnik van Siprus, Alexander Monachus, beskryf Barnabas “his face was like that of an angel ... with sparkling eyes”

Published in Ds Fourie van den Berg
Sondag, 21 Augustus 2016 08:59

Radikale Helde: Deborah

Perikoop : Rigters 4: 1-24

Teks : Rigters 4: 1-24

Tema : Debora : ‘n Leier (so na aan God se hart)wat n verskil maak....

Luister gou na die Soet geheime van heuning – Het jy geweet?

Published in Ds Zack Pienaar
Sondag, 14 Augustus 2016 08:45

Radikale Helde: Ragab

Gods momente . . . Goddelike oomblikke . . .
. . . Is iets wat in ‘n onverwagse oomblik gebeur en jy weet dis iets buitengewoon, bo-natuurlik en groter as normaalweg. Jy kan dit nie verklaar en verduidelik nie maar jy weet net dis GOD – ’n GODDELIKE OOMBLIK – wat jou lewe aanraak en dit verander – dis as’t ware asof 1 en 1 bymekaar kom . . .
. . . soos vir Moses was dit die brandende bos – vir Petrus was dit visbraai langs meer – vir Paulus was dit ‘n lig oppad – vir my was dit een aand in my kamer op bed – vir Frank Abagnale (fliek: Catch me if you can) was dit toe die FBI in sy tronksel ingekom het – en vir Michael Phelps was dit toe NFL vriend – Lewis - hom Rick Warren se boek ‘Purpose Driven Life” gegee het toe hy selfmoord wou pleeg
Michael Phelps lees Rick Warren se boek.

Published in Ds Fourie van den Berg
Maandag, 12 September 2016 08:17

Radikale Ritmes in die derde termyn

Die jaartema vir 2016 is RADIKAAL!  Jesus was anders, vars, verrassend, passievol en vernuwend en daarom volg ons vanjaar in Sy voetspore om te leer hoe ons ook soos Hy in vandag se tyd kan wees.  In die eerste termyn het ons Radikale Uitsprake van Jesus behandel, in die tweede termyn Radikale Helde in die Bybel en in die derde termyn gaan ons kyk na Radikale Ritmes.

Published in Nuus
Woensdag, 20 Julie 2016 23:00

Radikale Helde: Paulus

"Paulus het 'n volle twee jaar lank in die huis gebly wat hy gehuur het, en hy het almal ontvang wat hom besoek het. Hy het die koninkryk van God verkondig en die mense alles oor die Here Jesus Christus geleer. Dit het hy gedoen met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering." Hand. 28: 30,31.

Published in Ds Johann Serfontein

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer