NG Kerk Eros Nuus en Gebeure
Dinsdag, 13 Junie 2017 11:05

Verander 2017: Huwelik

Hierdie termyn fokus ons op aspekte in ons gemeenskap wat in ‘n stryd is - en wat die lewe, oorvloedige lewe gesteel, vermoor, vernietig word. Ons gaan soos Luther, wat 99 stellings kerk se deur vasgeslaan het met spykers, elke Sondag ‘n aspek vat en dit teen die deur vasspyker – en weerstand daarteen bied – om dit terug te wen, gesond, heel en lewendig te maak, dit te VERANDER - sodat ons samelewing, huise en werke dit wat Jesus gekom het om te bring - sal kry en ervaar – nl. die lewe – lewe in oorvloed

Ons kyk vanoggend na die Huwelik – en kyk na God se bedoeling daarmee – hoe dit ontwerp is + hoekom dit skeef loop (mense ongelukkig getroud is en daar 120 egskeidings per week op die rol is en 25% van ons hoogeregshof litigasies is egskeiding). Ajy na die statistieke kyk, lyk dit vir my dis nie so maklik om goed en gelukkig tot dood ons skei getroud te wees. Kan jy ‘n leeftyd met dieselfde persoon gelukkig gertroud wees? Ja, jy kan as jy die huwelik reg verstaan.

Published in Ds Fourie van den Berg
Woensdag, 11 Januarie 2017 09:40

Huwelikskursus Februarie

Alle voornemende huwelikspaartjies wat beplan om voor September vanjaar in die huwelik te tree, word uitgenooi om Ds Johann Serfontein se voorbereidingskursus by te woon.  Die huwelik is 'n jarelange belegging en verbintenis wat tussen twee mense gemaak word, en dit is daarom so belangrik om dit op die regte fondasie te bou.  Hierdie kursus van 5 sessies gee julle die geleentheid om moontlike struikelblokke uit die weg te ruim en mekaar sommer beter te leer ken ook en die beste uit mekaar te haal in die huwelik!

DATUMS:  Woensdae 1, 8, 15, 22 Februarie en 1 Maart 2017

PLEK:  NG-Eros Konferensie-lokaal

AANBIEDER:  Ds Johann Serfontein

KOSTE:  N$500 per paar vir die hele kursus

NAVRAE en BESPREKINGS: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Tel. 061-226157.

Published in Nuus

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer