Maandag, 12 September 2016 08:17

Radikale Ritmes in die derde termyn

Written by

Die jaartema vir 2016 is RADIKAAL!  Jesus was anders, vars, verrassend, passievol en vernuwend en daarom volg ons vanjaar in Sy voetspore om te leer hoe ons ook soos Hy in vandag se tyd kan wees.  In die eerste termyn het ons Radikale Uitsprake van Jesus behandel, in die tweede termyn Radikale Helde in die Bybel en in die derde termyn gaan ons kyk na Radikale Ritmes.

Voel jy dikwels uitgebrand, gejaagd, jou lewe deurmekaar en in stukke, doelloos en hopeloos? Dit is dikwels die resultaat van 'n lewe wat uit ritme is.  'n Lewe gevul met onreelmatighede.  Dit is tyd om Christus terug in jou lewe te plaas en Sy lewensritmes weer die hartklop van jou lewe te maak - Radikale Ritmes!

Ons begin 18 September 2016 met hierdie splinternuwe reeks, en gaan elke Sondag kyk na gesonde lewensritmes wat jou weer in ritme met Christus kan bring. Dit gaan 'n lekker kreatiewe reeks wees, want daarmee saam koppel ons elke Sondag 'n kleur en vrug aan die boodskap.  Julle is welkom om elke Sondag volgens die kleur van die vrug aan te trek!

Hier is 'n paar lewensritmes wat Christus vir ons ten toongestel het:

Liefde  (Rooi)

Vreugde (Druiwe)

Vrede (Granaat)

Geduld (Pynappel)

Vriendelikheid (Piesang)

Goedhartigheid (Waatlemoen)

Getrouheid (Appel)

Nederigheid (Kiwi)

Selfbeheersing (Suurlemoen)

Read 112 times

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer