Annelien Muller

Annelien Muller

Maandag, 11 Februarie 2019 11:04

Huwelikskursus

Ds. Johann Serfontein bied vier keer per jaar n huwelikskursus aan wat strek oor 5 na 6 weke. N$ 500 per paar. Die volgende kursus begin op 12 Feb om 18h00 in konferensielokaal van NG Eros.

Donderdag, 07 Februarie 2019 14:28

Huwelikskursus

Ds. Johann Serfontein bied vier keer per jaar n huwelikskursus aan wat strek oor 5 na 6 weke. N$ 500 per paar. Die volgende kursus begin op 12 Feb om 18h00 in konferensielokaal van NG Eros.

Donderdag, 24 Januarie 2019 11:10

NG Eros Vroue

NG Eros skop vanjaar af met 'n splinternuwe benadering tot Vrouebediening. Kom sluit aan by ons vir die eerste byeenkoms op Woensdag 20 Februarie 2019 om 18h30.  Of as jy dit nie kan maak nie, kan jy Donderdag 21 Februarie 2019 om 09h00 by ons aansluit. Kontak vir Sonette by 0817046198 vir meer inligting.

Watch this space!

Donderdag, 24 Januarie 2019 10:55

Spotlight Internasionale Aande

Ons hou 8 Internasionale Spotlight Aande in 2019. Die eerste een skop af op Donderdagaand 31 Januarie 2019 om 18h30 by die kerk. In aansluiting by die WYER aspek van ons jaartema (Dieper - Nader - Wyer) wil ons meer leer oor die verskillende kulture van ons land. Kom leer saam oor hoe lekker en interressant dit is om met al jou sintuie in n ander kultuur te kuier. Kaartjies is meestal N$ 50 pp. Hou ons weeklikse afkondigings dop vir meer inligting of kontak die kerkkantoor by 0855941147.

Maandag, 07 Januarie 2019 10:39

Fokusweek 2019

Ons het jaarliks 'n FOKUSweek in Januarie. Daarmee wil ons ons gemeentelede help om binne die geharwar van die nuwe jaar, tot stilstand te kom vir 'n gefokusde groeigeleentheid. Vanjaar FOKUS ons op verhoudings. Maandag 21 Januarie 2019 fokus ons op alle paartjies, verloofdes en getroudes. Dinsdag 22 Januarie 2019 kom al die vroue en hul vriendinne byeen vir n sessie oor vrouwees. Woensdag 23 Januarie 2019 nooi ons alle tieners en hul ouers uit. Donderdag 24 Januarie 2019 fokus ons op manwees en nooi ons alle mans en hul vriende uit. Elke aand om 18h15 by die kerk...

Vanjaar se tema word gekoppel aan ons gemeente se fokus teks naamlik Kol 3:11 "Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal."

Ons streef daarna dat ons almal vanjaar DIEPER in God Vader, Beskermer, Verlosser, Trooster en Begeleier sal groei sodat ons harte sal warm word deur Sy liefde vir ons. Ons poog ook om vanjaar NADER te beweeg aan ons geliefdes, skoonfamilie, vriende, gemeentelede, kollegas en bure sodat ons Christus se liefde kan uitdra en uitleef in hulle. Verder wil ons ook vanjaar WYER gaan met ons hulp aan die breĆ«r gemeenskap sodat ook hulle Christus deur ons kan beleef en begeer. Ons wil hierdie beginsels in alles toepas. 

Maak seker dat jy elke Sondag om 09h00 kom verder groei hierin sodat jou hart brandend vir Hom kan klop! 

Donderdag, 24 Januarie 2019 07:33

CATZ

Snr Jeug Catz vergader Sondae na erediens 10h15 in die kerk. Ons vergader gedurende die eerste termyn op die volgende datums:

27 Januarie 2019

10 Februarie 2019

17 Februarie 2019

24 Februarie 2019

3 Maart 2019

10 Maart 2019

31 Maart 2019

7 April 2019

Donderdag, 24 Januarie 2019 09:23

Junior Jeug: ANTZ & BRATZ

Ons Junior Jeugbediening is 'n lewendige aanbieding van Bybellesse, poppekas en kreatiewe uitbeelding elke Sondagoggend tydens die eredienste. Ons juniors is verdeel in twee groepe: ANTZ is die besige kleutertjies tot graad 4 en BRATZ is die cooler graad 5 en 6'e. 

ANTZ en BRATZ kom almal Sondae om 09h00 in die saal bymekaar. Daar verdeel hulle in verskeie onderdomsgroepe.  

Vir meer inligting of om betrokke te raak, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.gerus vir Marelise van Deventer by 0816177910. 

Bladsy 1 van 2

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer