Ds. Johann Serfontein bied vier keer per jaar n huwelikskursus aan wat strek oor 5 na 6 weke. N$ 500 per paar. Die volgende kursus begin op 12 Feb om 18h00 in konferensielokaal van NG Eros.
Ons het jaarliks 'n FOKUSweek in Januarie. Daarmee wil ons ons gemeentelede help om binne die geharwar van die nuwe jaar, tot stilstand te kom vir 'n gefokusde groeigeleentheid. Vanjaar FOKUS ons op verhoudings. Maandag 21 Januarie 2019 fokus ons op alle paartjies, verloofdes en getroudes. Dinsdag 22 Januarie 2019 kom al die vroue en hul vriendinne byeen vir n sessie oor vrouwees. Woensdag 23 Januarie 2019 nooi ons alle tieners en hul ouers uit. Donderdag 24 Januarie 2019 fokus ons op manwees en nooi ons alle mans en hul vriende uit. Elke aand om 18h15 by die kerk...
Ons gemeente bied van Maandag, 29 Mei tot Donderdag, 2 Junie 2017 Pinksterbidure in die konferensie-lokaal aan. Kom herdenk die uitstorting van die Heilige Gees saam met Ds Johann Serfontein elke aand om 18:00.
Aangeheg is ook 'n Bybelstudie-reeks wat u saam met u gesin of kleingroep kan doen vanaf 5 Junie.