NG Kerk Eros Gemeenskap
Charme Steyn

Charme Steyn

Vrydag, 08 Februarie 2019 11:09

Fokus op die gesin

Ds Quintus Smit se aanbiedings oor die gesin was 'n groot sukses. Ons het geluister na hoe jou fondament reg moet wees. Jou hart is jou fondament. Elkeen in die gesin is uniek en die gesin is die plek waar ons veilig is. Jy is spesiaal en moet jy bly, want daar is net een soos jy. Niemand in 'n gesin is dieselfde nie. Pa is anders as Ma en Boetsie as Sussie. Almal verskil radikaal. Daarin lê die geluk ook, want almal vul mekaar aan en help mekaar. Elkeen in die gesin moet iets hê wat jou dryf? Wat maak jou totaal gelukkig en waarmee kan jy die gesin en jou gemeenskap dien? Indien jy meer wil weet, kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. indien jy toegang tot die klankopnames wil bekom. 

Dinsdag, 29 Januarie 2019 10:56

Ds Marco & Doret Koch

Marco en Doret is beroep na NG Eros as predikantspaar.

Vrydag, 01 Februarie 2019 13:23

Vroue vir Jesus

NG Eros se vrouebediening genaamd "Vroue vir Jesus" word nuut ingekleur vanjaar. Buiten weeklikse sessies (Woensdae om 18h030 of Donderdae oggende om 09h00) word daar ook afsonderlike geleenthede deur die jaar geskep waar jy as vrou kan groei in Christus. Hou die afkondigings, facebook en web dop vir meer inligting. Of kontak vir Sonette by 0817046198.

Vrydag, 01 Februarie 2019 13:12

Omgee Groep

Dinsdag, 29 Januarie 2019 09:25

Kom kuier saam na die erediens

Ons gemeente vergader Sondae na die erediens vir 'n koppie koffie of tee en gewoonlik 'n lekker eetdingetjie, terwyl ons lekker saam kuier, lag en gesels. Kinders baljaar met fietse of op die springkasteel, swaaie en klimrame.

Ons het spesiale gasvryheidspanne in die gemeente wat om die beurt sorg vir die feestelike atmosfeer wat sover moontlik ook by die preek aansluit.

Kom word deel van die samesyn!

Saterdag, 20 Junie 2009 17:39

Imago Dei

 Imago Dei Logo 2019 4.jpg

Imago Dei is ‘n instelling wat korporatiewe sosiale investeringsprojekte en donateursfondse namens maatskappye, besighede of organisasies bestuur.  Die instelling spreek gemeenskapsprobleme aan deur die proses van korporatiewe bydraes te vereenvoudig en maatskappye die gerustelling te gee dat hierdie bydraes effektief toegewend en allokeer is na sake wat deur hulle geidentifiseer is.

Indien u sou wou betrokke raak, kontak gerus vir Charmé Steyn, maatskaplike werker en projekkoördineerder van Imago Dei by 081 383 4217 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..  

Alternatief volg Imago Dei op facebook. 

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer