NG Kerk Eros Senior Jeug
Vrydag, 09 Junie 2017 07:33

Tienerprojek: Depressie

Written by

Depressie is ’n gevaarlike siekte wat al hoe meer kop uitsteek, veral onder ons jongmense. Dit is een van die grootste oorsake vir ’n rits ander krisisse insluitende dwelmmisbruik, alcoholisme, verslawings en selfdood, wat ook my eie ma se lewe geneem het. Johan Late, ’n oud-onderwyser en toneelspeler, wat self aan depressie lei, het ’n projek geloods waarin hy tieners bewus maak van die gevaartekens en hoe om uit die donker gat te klim voordat dit te laat is.

Johan Late kuier Sondag, 18 Junie om 17:00 met ons tieners (en belangstellende ouers) rondom hierdie onderwerp.
Ons wil graag alle tieners uitnooi om dit by te woon. Onderskeie gemeentes se jeuggroepe is welkom om by ons te kom kuier volgende Sondag!
Aangeheg is meer inligting rondom die spreker en projek.

Vir meer inligting, kontak my gerus.
SONDAG, 18 JUNIE
17:00 – 18:00
NG-EROS KERKSAAL
H/v Kuiseb & Gen Murtala Muhammed straat, Eros

Maandag, 12 Julie 2010 23:00

Sesde gebod: Jy mag nie moord pleeg

Written by

6e Gebod: Liefde: Rooi red-real1

Eksodus 20:13: "Jy mag nie moord pleeg nie."

Sjoe, dis bietjie erg!  Ek hou nou nie juis van my broer se gekerm elke dag nie, en die geveg wat ons nou die dag op die rugbyveld gehad het was nou wel erg, en my onderwyser maak my woedend, maar niemand van ons sal tog sommer moord pleeg nie!  Die lewe is ook tog mos nie so rof dat ek eers daaraan moet dink om dit net so weg te neem nie...  Wie is ek nou om my so magtig te hou? 

Inderdaad, God het die lewe vir ons gegee om te geniet - met oorgawe en passie en al die mooi dinge wat daarmee gepaard gaan.  Hy het bedoel dat ons so gelukkig op aarde moet wees, dat ander mense net soos ons sal wil wees en dit dat by ons ore, oe, monde, voete, hande,  neuse - oral! - sal uitborrel!  Dat ons 'n "good time" op aarde sal he omdat Christus in ons bloed, in ons harte, is.  Omdat Hy ons liggaam met Sy asem vul.  Ons moet dus ons liggame gebruik om 'n liefde vir die lewe uit te straal

Lees bietjie meer:

Levitikus 19:16-18

Matteus 5:21-24

Efesiers 4:26

Lukas 6:27-28

 

 

 

Dinsdag, 29 Junie 2010 20:08

Vyfde gebod: Eer jou vader en jou moeder

Written by

5e Gebod: Outoriteit: Swartblack_men

Eksodus 20:12: "Eer jou Vader en jou Moeder.  Dan sal jy lank bly leef in die land wat die Here jou God jou gegee het."

My ma is so demanding!  Sy vra my altyd om die wasgoed op te hang, my kamer op te ruim en skottelgoed te was!  En my pa laat my die gras sny terwyl hy rugby kyk.  Dis so onregverdig, hulle is absolute slawe-drywers!  Die vyfde gebod gaan daaroor dat ons mekaar in die ouerhuis moet respekteer - dat al stem jy nie saam met wat jou ouers van jou vra nie, jy hulle steeds moet eer omdat hulle die gesag is wat God bo jou geplaas het. 

Ons behoort ons ouers te eer soos wat hulle God eer.  God is die hemelse vader wat ons het, en ons het tog in die eerste vier gebooie gesien hoe Hy wil he ons moet Hom dien en eer.  Nou moet ons dit ook aan ons naaste doen, beginnende by ons familie.  Dink net hoe great sal dit wees as ons die lewe vir ons ouers minder nag maak?  As ons gehoorsaam is en saamwerk?  Dit sal sommer lekkerder wees om by die huis te kuier as ek en my ouers oor die weg kom en mekaar se hande vat.  Ons doen dit tog op die ou einde vir ons hemelse vader!  Net soos jy wil he iemand moet jou respekteer, so verwag jou ouers dit van jou!  Hulle was ook eenmaal jonk soos jy!

Lees bietjie meer:

Spreuke 10:1

Markus 7:9-13

Johannes 19:26-27

2 Timoteus 3:2

Efesiers 6:1-4

Hebreers 2:7

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Woensdag, 30 Junie 2010 09:17

Die storie van Moses en die Tien Gebooie

Written by

Hier is 'n oulike weergawe van die Tien Gebooie, wat maklik verstaanbaar vir kinders sal wees:

Moses het sy goed uitgepak en besluit om op die berg te klim om met God te gaan praat.  Dit was nie maklik vir Moses nie, want hy was al 80 jaar oud, onthou! 

God het geweet dat Moses met Hom sou kom praat, so toe vertel Hy hom om die Israeliete te waarsku om gereed te maak.  Moses het weer afgestap by die berg om die mense te vertel om solank te gaan bad en skoon klere aan te trek.  Deur dit te doen, het die mense hulle gereed gemaak om God se belangrike woorde te hoor.  Dit is hoekom ons ook Sondae dikwels mooi aantrek en seker maak ons klere is skoon vir kerk!  Dit laat ons hopelik bietjie soeter en minder woelig wees en wys dat ons respek het vir God!

Op die derde oggend nadat Moses met God gepraat het, was die Israeliete besig om ontbyt te maak toe daar skielik 'n groot geraas en helder lig van die berg af kom.  Die wat nog geslaap het, was dadelik wakker en nuuskierig!

Almal het uitgestap om te gaan kyk en net anderkant die berg was daar weerlig en donderweer, en 'n dik wolk het oor die berg gehang sodat mens nie die punt kon sien nie.  Die berg het selfs geskud en die geluid van trompette het al hoe harder en harder geword.

Toe gaan Moses weer op met die berg om te hoor wat God wou se.  Hierdie keer het God vir Moses gese: "Gaan af na die mense toe en vertel hulle dat hulle nie agter jou by die berg moet opkom nie, die berg is 'n spesiale plek omdat Ek hier is."  Toe gaan Moses weer af om die mense te waarsku om nie op die berg te klim of daaraan te raak of naby te gaan nie.

Daarna, moes Moses weer by die berg opklim, terug na God toe.  Teen hierdie tyd was hy al baie moeg!  Hierdie keer het vir 'n baie lang tyd op die berg gebly (40 dae en 40 nagte!) - God het seker baie gehad om vir hom te se!  God wou vir Moses vertel hoe moet die mense op die aarde lewe.  Deur sy reels te volg, sou hulle minder hartseer en baklei op die aarde he.  God wou hulle net beskerm.

Net soos wanneer ons ouers vir ons reels gee om ons te beskerm, ne - kyk altwee kante voordat jy oor die pad gaan, moenie jou boetie of sussie slaan nie... hulle gee vir ons reels omdat hulle vir ons lief is en weet wat is die beste vir ons.

Ons gaan net oor die eerste tien gebooie praat wat God vir Moses vertel het, anders gaan ons ook hier sit vir 40 dae en daar is nie tyd vir dit nie!  In elk geval is die tien gebooie die belangrikste vir ons om te onthou.  En ons sal tog nooit ALLES kan onthou wat God vir Moses vertel het nie!  Elkeen van hierdie tien gebooie is ewe belangrik.

Die eerste gebod is om God eerste te plaas. Dit beteken dat niks belangriker as God moet wees nie - nie 'n stokperdjie of televisie of speletjie of maatjies of selfs familie nie.  God is die belangrikste!

Die tweede gebod is om  net vir God te dien. Net soos met die eerste gebod wil God he ons moet vir Hom lief wees, al kan ons Hom nie sien nie.  Hy wil nie he ons moet voor ander beelde buig nie, maar net vir Hom bid.

Die derde gebod is om respek vir God se Naam te he. Baie mense praat lelik en gebruik God se naam op 'n lelike manier as hulle kwaad is.  Dit maak sy hart baie seer.  As ons met God praat, moet ons op 'n mooi manier van Hom praat sodat ander mense ook vir Hom kan lief wees soos ons vir Hom lief is.

Die vierde gebod is om God se Dag te heilig. Dit is mos Sondag!  God wil he dat ons een dag in die week moet rus.  Nadat God die aarde in ses dae gemaak het, het Hy op die sewende dag gerus.  Dit is moeilik as mens ouer en besiger raak, maar God wil he dat ons op hierdie dag ook moet rus en saam met hom moet kuier in sy kerk. 

Die vyfde gebod is om respek vir ons ouers te he. Ons dink partykeer ons het hulle nie nodig nie, of dat hulle net lelik wil wees as hulle nie vir my goed wil gee of laat doen nie.  Maar God het hulle spesiaal vir jou gekies omdat hulle sal weet wat die beste vir jou is.  Onthou jou ouers was ook eenmaal kinders soos jy, en daarom wil hulle jou beskerm en help om nie dieselfde foute te maak as wat hulle gemaak het nie.

Die sesde gebod se om nie ander mense seer te maak nie. Sjoe!  Dink bietjie as almal hierdie een gehoorsaam het, sou dit nie nodig gewees het om tronke en hospitale te he nie, of te straf nie!

Die sewende gebod is vir mense wat getroud is.  God vra dat ons getrou in ons huwelike moet wees.  Hy wil he dat 'n man vir 'n vroue moet lief wees en hom/haar met respek moet behandel (al werk hulle soms op 'n mens se senuwees!)

Die agste gebod is moenie steel nie.  Dit beteken dat mens nie iets moet vat wat nie joune is nie.  So maklik soos dit!

Amper klaar!  Die negende gebod se ons mag nie jok nie. Dit is mos altyd beter om die waarheid te vertel, of om liewer nie iets te doen waaroor jy hoef te jok nie, ne!  Meeste van die tyd is dit in elk geval simpel goed waaroor ons gejok het en dan weet ons ouers in elk geval ons het gejok.  En as hulle jou nie uitvang nie, kan God alles sien en hoor.  Dit laat mens sommer net nie lekker voel nie.

Die laaste gebod is moenie jaloers wees nie.  Dit beteken dat ons nie moet wens ons het goed gehad wat iemand anders het nie.  Ek weet daar is altyd 'n nuwe speelding of so - daar is altyd iets wat ons ook graag sou wou he.  Maar hierdie dinge is nie regtig belangrik nie - hulle maak ons nie so gelukkig soos wat God ons kan maak nie.

Hierdie lysie lyk seker onmoontlik om altyd na te kom, en dis waar - ons kom dit nie altyd na nie!  Ook nie pappa en mamma en die juffrou nie.  Dit is hoekom ons moet bid, elke dag, vir God en Hom moet vra om ons te vergewe en ons beste te doen en nie weer die verkeerde goed doen nie.

 

 

3e Gebod: Respek: Geel p_3rdcommandment

Eksodus 20:7 "Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam  misbruik, nie ongestraf laat bly nie."

Ons verhouding met God is een gebasseer op liefde en respek.  Dit is daarom onaanvaarbaar om Sy Naam soos 'n vloekwoord te gebruik of dit in onsteltenis uit te roep.  Dit maak God seer om sulke goed te hoor.  Alhoewel jy dalk nie letterlik God se Naam gebruik as 'n vloekwoord nie, is ons geneig om Sy Naam baie keer in lee, onsinnige, valse, onwerklike en nuttelose situasies te gebruik, wat definitief nie 'n teken van respek is nie.

Daar is ook verskeie vorme van God se Naam wat indirek na Hom verwys.  Dit is net so verkeerd om dit te gebruik want daarmee het ons geen goeie bedoelings.  'n Persoon se naam is deel van sy karakter, sy menswees en wie hy/sy is - as jy dit dus misbruik, maak jy daardie persoon diep binne ook seer.  In kort, kan ons nie 'n God dien en gehoorsaam as ons nie respek vir Hom het nie en die lelike gebruik van Sy Naam (en die naam van die mense wat Hy geskape het) doen afbreuk aan daardie verhouding.

Lees 'n bietjie:

Eksodus 15:26
Psalm 23:1
Eksodus 17:15
Jeremia 23:6
Eksodus 31:13
Openbaring 19:11
I Samuel 1:3 
Openbaring 19:13
Psalm 7:17 
Openbaring 19:16

 

 

 

 

Bladsy 1 van 4

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer