Sondag, 29 Oktober 2017 19:11

Vir Ander 2017: Reformasie

Perikoop : 2 Tim 3:10-17; Rom 1:16-17
Teks : 2 Tim 3:6
Tema : “Ecclesia Reformata et semper Reformanda - Leef nuut…”
Ons vier nou die 500 ste verjaarsdag van die Reformasie, dit wil se die gebeure toe Martin Luther die 95 stellinge teen die kerk deur van Wittenburg vas gespyker het. Daarna sou die kerk nooit weer dieselfde gewees het nie. Dit het die koers van die kerk verander. Die impak was groot. Dit maak dat hy vervolg word en uit die kerk geskop word.
Die vraag is na al die jare in die kerk, waarom so n drastiese stap, was dit omdat hy so intelligent was of het dit daaroor gegaan dat hy maar net n nuwe kerk, die protestantse beweging op die been wou bring. Wat laat dink hom nuut? Wat verander Luther se denke oor God en die kerk.

Published in Ds Zack Pienaar
Sondag, 05 November 2017 19:06

Vir Ander 2017: Help mekaar

Sondag was ons tiendemaand dank Sondag. Ons bring ons tiende sodat die Gemeente kan bly funksioneer.
Wat doen Eros gemeente en hoekom doen ons dit – al vir jare – terwyl als rondom ons verander het – het ons dit bly doen?

Ons doen die volgende om mense te Help nl. om God te ontmoet, te leer ken, dieper te groei in hulle verhouding met God, ouers se kinders mal oor God te maak en dat hulle Hom sal dien en liefhê, om in hulself te glo, vergifnis en vryspraak te bied, persoonlike en sosiale ontwikkeling, emosionele intelinsie te verbeter, kommunikasie vaardighede, gawes te ontdek, bedienings en dien geleenthede, regte koers en pad te wys, te verdwaal en verlore is, vermaan, raad en wysheid te gee, lewens vaardighede en gesonde gewoontes te kweek, met morele kwessies, saam te bid, te troos, te bemoedig, inspireer, trauma te behandel, hoop te gee, sakramente te bied, huwelikke te versterk, keer mense nie skei, as skei dit volwasse en ordentlik doen, mense te besoek siek is, en die sterf te begrawe, en sterwens begeleidingspad te loop, herstel en genesing te bring die seer het, mense nie sal ophou droomen hulle help beplan en uit te voer, verslawings van vry te kom, konflikte op te los, rasse verhoudings te verbeter, mense nie kos/verblyf/geld het te help, en om nie raadop en moedeloos te word, nuwe gemeente te Elisenheim te plant en te begin, publieke teologie – open en lei vergaderings / byeenkomste / seminare / sport, om mense weer te lag en die lewe te geniet ten spyte van . . . want . . .

Published in Ds Fourie van den Berg
Maandag, 20 November 2017 12:43

Vir Ander 2017: Vreugde

God word in die Midrash (Joodse geskrifte) voorgestel as Deus Ludens – die spelende en laggende God – wat uit genot die aarde skep en Sy skepping geniet. Mens sou metafories kon sê dat God sy diepste vreugde oor die skepping en herskepping spelend uitdruk – Matt 11:19 “The son of man came, enjoyig life”
As gelowige is jy dus ook versonderstel om ‘n spelende mens te wees wat mede-skeppend aan die Koninkryk werk, saam met die spelende God (deus ludens) – Spr 8:30 “Wysheid is vir God soos ’n lieflingskind. Dag vir dag het Hy haar geniet. Soos ’n vrolike, huppelende kind het die wysheid die hele aarde vol gespeel.”

Published in Ds Fourie van den Berg
Saterdag, 21 Oktober 2017 11:51

Vir Ander: Dankie!

“Your life is God’s gift to you.
What you do with your life is your gift back to God”

Die 11 woorde wat die meeste op sterfbeddens gesê word:
I LOVE YOU. PLEASE FORGIVE ME. I AM SORRY. THANK YOU.
En die 7 woorde wat mense se lewens verander en smag om te hoor:
JAMMER. ASSEBLIEF. REG. MOOI. GOED. HELP. DANKIE
Albei bevat die woord: Dankie

Published in Ds Fourie van den Berg

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer