Sondag, 02 September 2018 09:00

HOU AAN 2018: Kind van die Koningkryk

Sondag 2 September 2018

Skriflesing

Markus 10:13-16

13Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas. 14Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. 15Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” 16Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.

Hierdie verhaal is vanaf die vroegste tye deur die christelike kerk in die doopliturgie opgeneem. Met goeie rede, want dit waaroor dit in hierdie gedeelte gaan is ook presies waaroor dit in die kinderdoop sowel as die hart van die evangelie gaan.

Eerstens. Markus vertel ons dat ouers hul kinders na Jesus gebring het sodat Hy hulle sou aanraak.

Published in Ds Johann Serfontein
Donderdag, 24 Januarie 2019 09:23

Junior Jeug: ANTZ & BRATZ

Ons Junior Jeugbediening is 'n lewendige aanbieding van Bybellesse, poppekas en kreatiewe uitbeelding elke Sondagoggend tydens die eredienste. Ons juniors is verdeel in twee groepe: ANTZ is die besige kleutertjies tot graad 4 en BRATZ is die cooler graad 5 en 6'e. 

ANTZ en BRATZ kom almal Sondae om 09h00 in die saal bymekaar. Daar verdeel hulle in verskeie onderdomsgroepe.  

Vir meer inligting of om betrokke te raak, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.gerus vir Marelise van Deventer by 0816177910. 

Published in Junior Jeug

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer