Sondag, 05 November 2017 19:06

Vir Ander 2017: Help mekaar

Sondag was ons tiendemaand dank Sondag. Ons bring ons tiende sodat die Gemeente kan bly funksioneer.
Wat doen Eros gemeente en hoekom doen ons dit – al vir jare – terwyl als rondom ons verander het – het ons dit bly doen?

Ons doen die volgende om mense te Help nl. om God te ontmoet, te leer ken, dieper te groei in hulle verhouding met God, ouers se kinders mal oor God te maak en dat hulle Hom sal dien en liefhê, om in hulself te glo, vergifnis en vryspraak te bied, persoonlike en sosiale ontwikkeling, emosionele intelinsie te verbeter, kommunikasie vaardighede, gawes te ontdek, bedienings en dien geleenthede, regte koers en pad te wys, te verdwaal en verlore is, vermaan, raad en wysheid te gee, lewens vaardighede en gesonde gewoontes te kweek, met morele kwessies, saam te bid, te troos, te bemoedig, inspireer, trauma te behandel, hoop te gee, sakramente te bied, huwelikke te versterk, keer mense nie skei, as skei dit volwasse en ordentlik doen, mense te besoek siek is, en die sterf te begrawe, en sterwens begeleidingspad te loop, herstel en genesing te bring die seer het, mense nie sal ophou droomen hulle help beplan en uit te voer, verslawings van vry te kom, konflikte op te los, rasse verhoudings te verbeter, mense nie kos/verblyf/geld het te help, en om nie raadop en moedeloos te word, nuwe gemeente te Elisenheim te plant en te begin, publieke teologie – open en lei vergaderings / byeenkomste / seminare / sport, om mense weer te lag en die lewe te geniet ten spyte van . . . want . . .

Published in Ds Fourie van den Berg

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer