Elsabe Horn

Elsabe Horn

Donderdag, 11 Januarie 2018 20:34

HOU - Tema vir 2018

In uitdagende tye, gebruik God ons swaarkry, sukkel en seerkry om iets nuuts te maak. Hy herwin nie net ons lewens nie, maar beHOU ons menswees en gebreke, ons skerwe en stukke, vir hergebruik in Sy koninkryk. Ons HOU vas aan die wete dat God in beheer is, Hy HOU ons vas. Mag ons vanjaar aan HOU getuig van ons heiligheid deur die heiligheid van die Heilige Gees. Mag ons uitHOU omdat ons geanker is in die geloof en mag ons kopHOU omdat ons op God kan vertrou, maak nie saak watter situasie ons ons vanjaar in bevind nie. LET WEL: Upcycle (hergebruik) beHOU die produk in sy bestaande vorm en hergebruik dit op ‘n nuwe manier. Recycle (herwin) vernietig die produk maw dit HOUop bestaan en iets heel nuut word gemaak.

Woensdag, 11 Oktober 2017 20:24

Reformasie Fees

Sondag, 29 Oktober

09:00

NG-EROS Kerkgebou

Reformasie-erediens en Belydenisaflegging.  'n Spesiale erediens met orrelspel en belydenisaflegging.

 

Dinsdag, 31 Oktober

NG-EROS Kerksaal

'n Daglange program ter viering van die 500 jaar Reformasie in die kerk.  Almal is baie welkom om by te woon.

 

Sondag, 5 November

09:00

NG-EROS Kerkgebou

Tiendemaand erediens.  Ons samel ons tiendes in vir die voortbestaan van die gemeente.

Coenie de Villiers tree 11:00 in die kerkgebou op.

Gemeente-ete om 12:00 in die tuin.  Bring eie eetgerei.

 

Woensdag, 11 Oktober 2017 20:13

Sosiale Media en Jou Kind

Vrydag, 3 November,

07:15,

NG-EROS Kerksaal

'n Insiggewende praatjie oor sosiale media en die effek op jou kind.  Dit is 'n moet vir ALLE ouers, maak seker dat jy dit nie misloop nie.

 

Donderdag, 15 Junie 2017 16:14

Kry antwoorde!

KRY ANTWOORDE!
Ontbloot evolusie se ernstige gebreke!
 
As God almagtig en ’n God van liefde is, waarom al die dood, pyn en lyding in die wêreld?  Het die wetenskap die Bybel verkeerd bewys en is evolusie die hoeksteen van die wetenskap? Het God alles in ses 24 uur dae geskep? Wie was Kain se vrou?  Het Adam en Eva werklik bestaan? Waar pas die dinosourusse in? Wat van die ystydperk en verskuiwing van die kontinente? Hoe kan ons lig van sterre sien in ’n relatiewe jong heelal? Wat van koolstof-14 datering? Waarom verwerp so baie mense vandag die evangelie? En waar pas ek in?
 
Hierdie is maar net sommige van die vrae wat vandag gevra word. Het u familie, vriende en kollegas wat daarby sou baat om te verstaan dat God se Woord, die Bybel, met die werklikheid strook en vertrou kan word vanaf die heel eerste vers?  
 
Indien wel, nooi hulle gerus uit na ’n multimedia aanbieding op 
Vrydag, 09 Junie 2017 07:33

Tienerprojek: Depressie

Depressie is ’n gevaarlike siekte wat al hoe meer kop uitsteek, veral onder ons jongmense. Dit is een van die grootste oorsake vir ’n rits ander krisisse insluitende dwelmmisbruik, alcoholisme, verslawings en selfdood, wat ook my eie ma se lewe geneem het. Johan Late, ’n oud-onderwyser en toneelspeler, wat self aan depressie lei, het ’n projek geloods waarin hy tieners bewus maak van die gevaartekens en hoe om uit die donker gat te klim voordat dit te laat is.

Johan Late kuier Sondag, 18 Junie om 17:00 met ons tieners (en belangstellende ouers) rondom hierdie onderwerp.
Ons wil graag alle tieners uitnooi om dit by te woon. Onderskeie gemeentes se jeuggroepe is welkom om by ons te kom kuier volgende Sondag!
Aangeheg is meer inligting rondom die spreker en projek.

Vir meer inligting, kontak my gerus.
SONDAG, 18 JUNIE
17:00 – 18:00
NG-EROS KERKSAAL
H/v Kuiseb & Gen Murtala Muhammed straat, Eros

Dinsdag, 30 Mei 2017 09:39

Pinkster Bybelstudie

Ons gemeente bied van Maandag, 29 Mei tot Donderdag, 2 Junie 2017 Pinksterbidure in die konferensie-lokaal aan.  Kom herdenk die uitstorting van die Heilige Gees saam met Ds Johann Serfontein elke aand om 18:00.

Aangeheg is ook 'n Bybelstudie-reeks wat u saam met u gesin of kleingroep kan doen vanaf 5 Junie.  

Sondag, 23 April 2017 09:02

Kleremark

Ons het op gereelde basis 'n Kleremark op Vrydae waartydens ons tweedehandse klere van gemeentelede teen billike pryse aan die gemeenskap beskikbaar stel.

Donderdag, 06 April 2017 22:24

Lydensweek 2017

GROOT LYDENSWEEK 10-16 April 2017

Die 46 dae van lydenstyd loop op na die hoogtepunt van die kerklike jaar, nl. Paasnaweek met sy Goeie Vrydag en Opstandingsondag. Dis veral 'n tyd vir nadenke, verdieping, toewyding en dankbaarheid. In ons deurmekaar wêreld wil ons dit hierdie jaar anders aanpak, in lyn met ons jaartema. Ons wil elke lidmaat en enigiemand anders na hierdie besondere week se program nooi. Dit gaan jou anders na Jesus laat kyk.

Maandag 10 April 18:00
Tema: Jesus, die bevryder.
Ons dink na oor Hebr 9:11-15

Dinsdag 11 April 18:00
Paassangdiens

Woensdag 12 April 18:00
Tema: Jesus, die begin en voleinder van die geloof
Ons dink na oor Hebr.12:1-3

Donderdag 13 April 18:00
Joodse ete en Nagmaal

Goeie Vrydag 14 April 09:00
Erediens. Tema: Jesus, die verbryselde.
Ons dink na oor Jesaja 52:13-53:12

Paassondag 16 April 09:00
Feesdiens. Tema: Jesus, die opgewekte
Ons dink na oor Kolossense 3:1-4

Vrydag, 24 Maart 2017 05:32

Anders: Solus Christus 2

SOLUS CHRISTUS.

Vandag staan ons vir die tweede keer stil by die vierde pilaar van die gereformeerde verstaan van die Evangelie, nl. solus Christus: Christus alleen. Met hierdie stellinginname het die gereformeerdes gesê dat daar net een middellaar tussen God en die mense kan wees, nl Jesus Christus. Vyf honderd jaar gelede was dit glad nie so verstaan nie. Elke groep, van die boere, kinderlose egpare tot die prostitute het hulle eie tussengangers tot God gehad. Jy kon enige tyd van die dag 'n kers voor die ikoon (prent) van jou spesifieke heilige in die katedraal kom aansteek en tot jou (beskerm-)heilige (saint, bv. St. Onesimus vir bediendes, St. Blasius vir dokters, St. Barbara vir begrafnisondernemers, St. Agata vir juweliers, St Margareta vir prostitute ens.) bid om namens jou by God in te tree. Hulle is immers nou reeds in God se teenwoordigheid en omdat hulle soos jy is (was), bid jy tot hulle om vir jou 'n goeie woordjie by God te doen. (Voorvader aanbidding kom in wese op presies diesefde neer.) Die belangrikste van hierdie middellaars in die RK Kerk was natuurlik Maria. Na die voorbeeld van Joh 2 waar Jesus water in wyn verander het, en Maria as tussenganger tussen die kelners en Jesus opgetree het, het hulle geglo dat jy nie direk na Jesus kan gaan nie, maar 'n tussenganger (middellaar) na Jesus moet gebruik. Sy was immers ten volle 'n mens van vlees en bloed en belangrik(!) die moeder van Jesus. Sy kon werklik jou situasie verstaan en het begrip en medelye. Wie beter as sy kan jou saak  voor Jesus lê as jy 'n positiewe antwoord van Jesus wou hê?

Donderdag, 26 Januarie 2017 19:05

Oesfees met Lindie Strydom

Tydens die naweek van 8/9 April 2017, samel NG-Eros Gemeente weer fondse in vir die nood in die gemeenskap.  Hierdie is 'n jaarlikse fondsinsameling waartydens gemeentelede saamstaan om 'n verskil na buite te maak - wat ook aansluit by een van ons jaartemas vanjaar - Vir Ander.  Verlede jaar het ons bykans N$1 miljoen ingesamel vir projekte wat kinders, opvoeding, voedsel, gesondheid en ander sosiale kwessies aanspreek.  Die fondse word hoofsaaklik deur Imago Dei, 'n nie-winsgewende organisasie wat die brug tussen die gemeenskappe van nood en hulp vorm, bestuur.

Vanjaar leef ons weer eens ons missionele hart uit en hoop om 'n verskil in ander se lewens te bring met ons fondse, tyd en hulpbronne. Hierdie naweek word verder ingekleur deur die besoek van Lindie Strydom van Geloof, Hoop en Liefde op Kyknet as gasspreker.  Sy gaan op 8 April vanaf 09:00 - 12:00 die spreker wees by 'n Vroue-geleentheid om vroue juis te inspireer om die Pad na God se Hart te vind en nie net vir jouself te leef nie, maar vir ander.  Hierdie geleentheid kos slegs N$100 pp wat ligte verversings insluit.  Kaartjies is by NG-Eros beskikbaar vanaf 1 Februarie.  Alle dames is welkom!

Lindie gaan ook tydens die erediens van 9 April om 09:00 met ons deel hoe ons meer missioneel kan wees.

Bydraes tot die Oesfees insameling kan van nou af tot en met einde April gemaak word.  Kontak gerus die NG-Eros Kerkkantoor by 226157 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

 

 

Bladsy 1 van 2

Groei

Materiaal vir groei & Bybelstudie

Lees meer

Gemeenskap

Reik uit na die gemeenskap

Lees meer

Koinonia

Interaksie tussen gemeentelede

Lees meer

Kalender

Bly op hoogte van al ons gebeure

Lees meer